Woordelys van terme | Glossary of terminology

DEFINISIES


1.   Baan:  Dit is die 28 x 3.6 m speelarea.
2.   Goedgekeur:  Beteken deur die Algemene Jaarvergadering van die Internasionale Jukskei Federasie goedgekeur.
3.   In Spel:  ‘n Skei is in spel wanneer die skei of ‘n gedeelte daarvan binne die speelvlak is.
4.   Junior: Enige deelnemer (meisie/seun) wat in ‘n kalenderjaar die ouderdom van 18 jaar bereik, of jonger is.
5.   Kaptein:  ‘n Deelnemer wat deur die instansie wat hy verteenwoordig aangewys is (reël 13).
6.   Man: ‘n Manlike deelnemer vanaf die kalenderjaar waarin hy 19 jaar oud word, tot die dag voor sy 50ste verjaardag.
7.   Skeidsregter: ‘n Gekwalifiseerde en geaffilieerde deelnemer wat as arbiter optree om ‘n beslissing te gee.
8.   Speelreëls:  Die reëls van die spel Jukskei soos deur die IJF aanvaar en goedgekeur.
9.   Speelvlak/Sandput:  Dit is die area binne die raamwerk vanaf ‘n 12uur posisie van bo gesien.
10.   Steekskei:  Dit is ‘n skei wat die sand teen ‘n hoek binnedring sonder ‘n sleepmerk.
VERTOLKING:  Sodra die hoek waar teen die skei die sand binnedring deur 0  beweeg word die skei nie meer geag as ‘n steek skei nie.
11.   Verbeur:  ‘n Skei/e word verbeurd verklaar en mag nie verder in daardie gooibeurt gebruik word nie.
12.   Veteraan:  Deelnemer wat die ouderdom van 50 jaar bereik het.
13.   Vroue: ‘n Vroulike deelnemer vanaf die kalenderjaar waarin sy 19 jaar oud word, tot die dag voor haar 50ste verjaardag.

DEFINITIONS
1.   Pitch: This is the 28 x 3.6 m playing area.
2.   Approved: As approved by the Annual General Meeting of the International Jukskei Association.
3.   In play: A skey or part thereof is in play if it is in the playing area.
4.   Junior: Any participant (girl/boy) that reaches the age of 18 years during a calendar year, or younger.
5.   Captain: A participant appointed by the body he represents (Rule 13).
6.   Man: A male from the calendar year reaching the age of 19 until the day before his 50th birthday.
7.   Umpire: A participant who is qualified and affiliated and acts as arbitrator to make a ruling.
8.   Rules of play: The rules of Jukskei as accepted and approved by the IJF.
9.   Sandpit/playing area: The area inside the frame seen from above at the 12 o’clock position.
10.   Pegged skey: A skey that penetrated the sand at an angle without any trail mark.
INTERPRETATION: As soon as the angle by which the skey penetrated the sand moves through 0  the skey will no longer be deemed as a pegged skey.
11.   Forfeit: A forfeited skey may not be used in that round.
12.   Veteran: A participant 50 years and older.
13.   Women: A female from the calendar year reaching the age of 19 until the day before her 50th birthday