STRATEGIE EN TELLING
SPAN
1. ‘n Span bestaan uit die aantal spelers volgens die toernooi vereiste, van wie een die kaptein is.
2. ‘n Span mag van die dienste van ‘n reserwe speler gebruik maak. Al die lede van die tweede span, insluitende die reswerwe, dien as amptelike reserwes vir die eerste span. Geen van die eerste span se lede mag in so ‘n geval in die tweede span speel nie. Sou daar net een span in ‘n afdeling meeding dan mag daardie span van twee (2) reserwes gebruik maak. Die kaptein van die vervangende speler moet die opposisie kaptein inlig van die ruiling.
3. ‘n Reserwe wat in ‘n span opgeneem is moet die wedstryd voltooi. Hy mag nie net tydelik speel tot die afwesige speler opdaag nie.
4. Indien ‘n span met een speler minder as die toernooi vereiste getal spelers teen ‘n volledige span te staan kom, moet die kaptein van die span wat uit minder spelers bestaan, gedurende elke gooibeurt aandui wanneer die afwesige speler sou gooi. Die volgorde van die gooibeurt is dan asof die afwesige speler klaar gegooi het.
5. ndien ‘n wedstryd met een speler minder as die toernooi vereiste getal spelers begin, mag die afwesige speler te eniger tyd gedurende die wedstryd opgeneem word mits dit aan die begin van ‘n gooibeurt is en die betrokke speler is op die baan en gereed om aan die spel deel te neem.
VERTOLKING: Indien een van die spanlede beseer sou raak en nie verder kan speel nie, moet die wedstryd voortgaan met die aanwesige getal spelers.
6. Indien daar nog een speler minder as in reël 5.4 van ‘n span opdaag, mag die wedstryd nie gespeel word nie en verbeur die onvoltallige span die punte.
POSISIE VAN SPELERS
1. Die speler wat gaan gooi, staan agter ‘n sperstreep in ooreenstemming met die gooi afstand in reël 1.2.1.
2. ‘n Speler mag nie:
–
–
VERTOLKING: Let wel die klem val hier op staan binne die 1,8 m merk en nie tree tot binne die 1,8m merk nie.
3. In die geval van ‘n oortreding, word die oortredende span se kaptein deur die span wat beswaar aanteken se kaptein op die beweerde oortreding gewys, wat dan die betrokke speler sal versoek om nie weer die oortreding te begaan nie. Sou die situasie voortduur, word ‘n skeidsregter ingeroep. Sou die betrokke skeidsregter bevind dat die oortredende span se speler wel ‘n oortreding begaan het, bied hy aan die span wat beswaar aangeteken het se kaptein die keuse om te beslis of:
4. Die skei wat nie volgens die reëls gegooi is nie, verwyder moet word al dan nie; en
–
SPEELWYSE
1. Die kapteins besluit onderling watter span gaan voorgooi aan die begin van die wedstryd.
2. Om-
3. Die eerste speler van die span wat moet voorgooi, gooi sy twee skeie, gevolg deur die eerste speler van die opposisie. Daarna volg die tweede speler van die eerste span en dan weer die tweede speler van die opposisie, ensovoorts.
4. Die kaptein het die reg om die volgorde waarin die spelers gooi na goeddunke te verander.
5. Indien ‘n speler uit sy beurt gooi en mits dit nie aan die begin van ‘n gooibeurt geskied nie, moet hy klaar gooi en die spel gaan om die beurt voort.
6. Indien ‘n voorgooier uit sy beurt gooi, word sy skeie aan hom terugbesorg en word geen punte toegeken nie.
7. Sodra die eerste speler van die teenstanders egter sy eerste skei gegooi het, word dit beskou dat die gooibeurt begin het.
8. Indien ‘n voorgooier egter uit sy beurt gooi en die eindfluitjie blaas, moet daardie gooibeurt voltooi word deur te begin met die voorgooier wat veronderstel was om die gooibeurt te begin.
9. ‘n Skei word as gegooi beskou sodra die handvatsel die hand verlaat het met die bedoeling dat dit na die ander pen gegooi is van agter die bepalende sperstreep.
GOOIBEURTE
1. Die span wie se skei/e naaste aan die pen lê, gooi eerste in die volgende gooibeurt.
2. Indien geen punte met lê skeie aangeteken word nie, maar die een span tel ‘n pen of penne, dan gooi die span in die volgende gooibeurt voor.
3. Indien geen punte met lê’s of penne in ‘n gooibeurt aangeteken is nie, gooi die span wat die vorige gooibeurt eerste gegooi het, weer eerste.
4. Nadat daar skof gegooi is, het die kaptein van die span wat skof behaal het, die reg om die voorgooi van die volgende gooibeurt te bepaal.
5. Indien ‘n skof gelykop eindig, gooi die span wat die lê gehad het, voor in die volgende gooibeurt.
6. In die geval van ‘n bars word die voorgooi volgens Reëls 8.1 en 8.2 bepaal.
7. Terwyl die gooibeurt aan die gang is, mag daar geen onnodige vertraging wees nie.
8. Met vertraging word bedoel dat ‘n span se optrede tydens ‘n gooibeurt/wedstryd sodanig van aard is dat dit baie duidelik is dat die betrokke span die spel opsetlik probeer vertraag.
VERTOLKING: Byvoorbeeld, wanneer ‘n span na elke gooi van ‘n pen, die dwarslyn span en die pen reg steek al is die telling nog laag, of wanneer ‘n span se kaptein sy spelers na elke gooi van ‘n skei deur die opposisie bymekaar roep en taktiek bespreek al is dit baie duidelik dat geen taktiek op daardie stadium van enige nut sou wees nie.
9. Indien ‘n skeidsregter ingeroep word om ‘n vertraging te monitor en daar word gevind dat daar ‘n duidelike onnodige vertraging voorkom, word ‘n skof teen die oortredende span toegeken.
‘N GOOIBEURT IS VOLTOOI WANNEER:
1. Al die skeie van al die spelers in die gooibeurt gegooi en/of verbeur is en die telling geneem is of geneem kan word.
2. ‘n Span skof aangeteken het en die teenstanders geen skeie oor het om die skof te kanselleer nie.
‘N GOOIBEURT HET BEGIN SODRA:
1. Die skei van die eerste speler, van die span wat moet voorgooi, sy hand verlaat het met die bedoeling dat dit na die pen gegooi word, of
2. Die speler wat moet voorgooi se skeie deur sy kaptein verbeurd verklaar word.
VERTOLKING: Al is die baan nog nie voorberei vir die volgende gooibeurt nie, maar die telling is reeds geneem en ooreengekom, mag die kaptein wie se span die voorgooi het sy speler se skeie verbeurd verklaar. Die sandput mag dan nie voorberei word nie aangesien die gooibeurt reeds begin het.
3. Indien ‘n speler(s) deur buitengewone optrede die normale gang van die spel tot nadeel van die teenstanders beïnvloed, word ‘n skof teen die oortredende span toegeken.
VERTOLKING: Voorbeelde van normale gang van die spel beïnvloed is byvoorbeeld om ‘n skei uit die lug te vang, die skeie opsetlik deurmekaar te trap, ens.
4. Waar die skeidsregter in die geval van weiering van voortsetting van spel na ‘n vertraging gelas dat die spel moet voortgaan, word die wedstryd aan die span wat nie oortree het nie, toegeken.
TELLING: PENNE EN LÊ’S
1. Die telling moet deur die kaptein/s geneem word nadat al die skeie gegooi en/of verbeur is. Kapteins moet mekaar se tellings wedersyds bevestig.
VERTOLKING: Met die gooi van elke skei kan lê’s en/of penne bygetel of afgetrek word by die totale punte van ‘n span
2. Die puntetelling is egter onderworpe aan die volgende bepalings:
3. Indien die pen deur ‘n skei omgegooi word, tel dit drie punte vir die span wat gegooi het.
4. As die pen omval nadat die skei die speler se hand verlaat het, maar nog nie die sand geraak het nie, moet so ‘n skei aan die speler teruggegee word en moet die skeie wat derhalwe verskuif is, so na as moontlik aan hulle oorspronklike posisies teruggeplaas word.
5. Verder tel dit as ‘n “om” wanneer die pen omval as gevolg van die skudding wat die val van die skei in die betrokke sandput veroorsaak, of as gevolg van die opskiet van sand of enige ander voorwerp a.g.v. die val van die skei in die betrokke sandput.
Vertolking: As die pen omval a.g.v. ‘n stuk beton/hout wat deel is van die beton/hout bekisting (raamwerk) om die sandput, wat losspat nadat dit raak gegooi is, en dit tref die pen, dan tel dit nie as ‘n pen nie aangesien die raamwerk/speelarea nie deel is van die speelvlak nie.
6. ‘n Pen is om wanneer die punt uit die sand is of was.
7. Indien span A byvoorbeeld ses penne gooi en span B gooi ook ses penne, kanselleer die getal penne mekaar.
8. Word die pen getref maar val nie om nie omdat dit deur ‘n skei gestut word, moet die skeidsregter of kaptein die betrokke skei versigtig verwyder/wegskuif en indien die pen omval, tel dit drie punte vir die span wat gegooi het.
VERTOLKING: Met versigtig verwyder/wegskuif, word die volgende werkswyse voorgestel: Die skei wat aan die teenoorgestelde kant van die helling van die pen lê, moet eerste verwyder word. Daarna moet die skei wat onder die gekweste pen lê weggeskuif word.
9. In so ‘n geval moet die skei weer so na as moontlik aan sy oorspronklike posisie teruggeplaas word.
10. Geen sand mag gebruik word om ‘n skei te stut nie en indien ‘n skei wil rol, moet dit toegelaat word om te rol.
VERTOLKING: Dit kan selfs beteken dat ‘n skei of skeie weer geskuif moet word om die pen in die korrekte posisie te steek.
11. Met versigtig verwyder word bedoel dat die skei stadig verwyder sal word en dat daar ten alle tye gepoog sal word om die skei nie teen die pen of omliggende skeie te stamp nie.
12. Indien ‘n skei van span A deur ‘n skei van span B teen die pen gestoot word en die pen val om, tel dit drie punte vir span B, en andersom.
13. Dit is toelaatbaar om deur die gooi van jou skeie die opposisie se skeie te manipuleer.
14. Indien ‘n speler met die gooi van sy skei die pen tref, of as die pen as gevolg van die gooi van ‘n skei gekwes word, maar die pen bly in ‘n gekweste posisie staan, moet die pen in sy regop posisie herstel word voordat daar weer gegooi word.
15. Slegs die skeie wat binne ‘n radius van 460 mm van die pen lê, kom in aanmerking vir punte en tel een punt elk, onderworpe aan die volgende:
16. Slegs een span kan met ‘n gooibeurt punte met “lê’s” aanteken, d.w.s. net die skei/e van die span wat naaste aan die pen lê, tel.
17. Indien beide spanne se naaste skeie ewe ver van die pen lê, kanselleer die lê’s mekaar en is daar geen telling met lê’s nie.
SKOFBEPALINGS
1. ‘n Skof bestaan uit 23 punte en die span wat aan die einde van die gooibeurt 23 punte het, behaal die skof. Indien daar deur die gooi van ‘n skei meer as 23 punte behaal word en die telling nie deur die gooi van ‘n skei/e teruggebring kan word na 23 of minder nie, bars die betrokke span (Telling 0).
2. As twee spanne in dieselfde gooibeurt skof aanteken, kry elkeen ‘n halwe skof. Dit beteken egter nie dat sodra albei spanne in dieselfde gooibeurt skof het, daar opgehou gooi moet word nie. Die spanne moet hul orige skei/e klaar gooi, of indien hulle dit verkies om nie te gooi nie, hulle skei/e verbeur.
3. Om ‘n skei terug te hou beteken dat die speler sy gooibeurt onderbreek, deur sy tweede skei terug te hou totdat die skof gekanselleer is. ‘n Span wat skof het, hoef nie noodwendig te wag totdat sy skof gekanselleer is nie en het die reg om sy posisie te verstewig.
4. Span A se eerste speler gooi met sy eerste skei met ‘n pen skof. Sy tweede skei word nou teruggehou. Die skei, sodanig teruggehou, moet óf gegooi óf verbeur word, soos deur die kaptein verkies, voordat ‘n ander skei van dieselfde span gegooi of verbeur mag word.
5. Span B se eerste speler teken met sy eerste skei skof met ‘n lê aan sonder om span A se skof te kanselleer. Nou word hierdie speler se tweede skei ook teruggehou, net soos in die geval van span A.
6. Span A se eerste speler is nou verplig om sy tweede skei te gooi of om dit te verbeur, waarna span B se eerste speler sy tweede skei gooi of verbeur.
7. Die hele gooibeurt moet voltooi word, hetsy deur te gooi of skeie te verbeur. Eers nadat al die skeie gegooi en / of verbeur is en die twee spanne het nog albei skof, word die skof gedeel en kry elkeen ‘n halwe skof. (2,5 punte elk).
8. ‘n Skei word verbeur wanneer die kaptein van die span die opposisie kaptein meedeel dat sodanige skei verbeur word. Die kaptein is verplig om die bepaalde speler se naam te noem wie se skeie verbeur is. Wanneer sodanige besluit geneem is, is dit onherroeplik.
9. ‘n Beslissing van ‘n kaptein dat meer as een speler se skeie gelyktydig verbeur is, is ongeldig.
10. Indien ‘n speler met sy eerste skei vir sy eie span sowel as vir die teenstanders skof gooi, mag hy sy tweede skei ook gooi, of hy mag eis dat die volgende speler van die teenstanders eers moet gooi voordat hy weer gooi, d.w.s. hy mag sy skei terughou.
11. Indien ‘n speler egter die skofte met sy tweede skei gooi, moet ‘n speler van die teenstanders eers gooi of sy skei(e) verbeur, voordat ‘n speler van die eerste span weer gooi.
STRATEGY AND SCORING
TEAM
1. A team consists of a number of players in accordance with the tournament requirements, of which one is the captain.
2. A team may make use of a reserve player. All the members of the second team, including the reserve, may act as reserve players for the first team. None of the first team players are allowed to play in the second team. Should there be only one team in a division, then the team may make use of two (2) reserves. The captain of the substituted player must inform the captain of the opponents of such substitutions.
3. When a reserve player has been taken up in a team at the beginning of a match, he must finish the game. He may not be used temporarily until the absent player has returned.
4. In the event of a team starting with one less player than the tournament requirements, against a team meeting the tournament requirements, the captain of the team consisting of less players, must indicate during each round when the phantom player would have thrown. The sequence of the round will then continue as if the phantom player had already thrown.
5. If a match starts with one less player than the tournament requirements, the absent player may join his team at any time during the match, provided it is at the beginning of a round and that the specific player is present and ready to participate in the game.
INTERPRETATION: If one of the present players should become injured and cannot continue with the game, the game must continue with the remaining players.
6. hould another player less than in 5.4 arrive, the match cannot be played and the incomplete team forfeits its points.
POSITION OF PLAYERS
1. The player about to throw takes up his position behind the pitching line in accordance with the throwing distances as defined in Rule 1.2.1.
2. A player may not:
3. Step on or over the line, from which he is throwing until the skey has left his hand,
4. Stand more than 1.8 meter to the right or left of a point directly behind the pen when he throws.
INTERPRETATION: Note that the accent is on standing within the 1.8m mark and not stepping into the 1.8m mark.
5. In the event of an infringement, the complaining team’s captain should approach the infringing team’s captain and point out that an infringement has taken place. The player responsible for the infringement will be asked not to repeat the offence. If the situation continues the complaining captain advises the infringing team’s captain that the umpire will be called to monitor the situation. If the umpire confirms that an offence has taken place, he allows the complaining team’s captain the choice of one of the following options:
6. The skey, which was not thrown in accordance with the rules, can remain in position or be removed, and
7. If the skey is removed, points scored by such a skey cannot be counted and the sandpit must be restored as closely as possible to the state it had been in, before the skey was thrown.
METHOD OF PLAY
1. Both team captains mutually agree on the throwing order of the first round.
2. An Alternate method of play is followed: Each player throws with two skeys. Play between alternate players of competing teams is as follows:
3. The first player of the team to begin, throws his two skeys, followed by the player of the opposing team. Thereafter the second player of the first team throws, followed by the second player of the opposing team, etc.
4. The captain however, has the right to alter, at will, the sequence in which his players are to throw as the game progresses.
5. If a player throws out of turn and provided it does not happen at the beginning of a round, he must finish throwing and play continues alternately.
6. If a first player throws out of turn, his skeys are returned to him and no points are rewarded.
7. As soon as the first player of the opposing team has thrown his first skey, the round will be regarded as having started.
8. If a first player throws out of turn and the final whistle sounds, then that throwing round must be completed by starting again with the first player of the team who was supposed to start the round.
9. A skey is regarded as having been thrown as soon as it leaves the hand, with the intention of it being thrown at the other pen, from a position behind the throwing line in accordance with the throwing distances.
THROWING ROUNDS
1. The team with a skey lying nearest to the pen throws first during the next round.
2. If no skeys lie for scoring purposes, but one of the team scores one or more pens, then that team throws first in the next round.
3. If no lays or pens have been scored during a round, the team that threw first during the previous round throws first again.
4. After a set (23 points) has been scored, the captain of the scoring team has the right to determine the sequence of the following round.
5. If a set ends in a tie, the team, which had the lay, throws first in the next round.
6. In the event of a team exceeding 23 points, Rule 8.1 and 8.2 determine the throwing order.
7. While the round is in progress, there are to be no delays. If an infringement occurs the umpire will apply Rule 8.9
8. “Delay” means that a team’s behavior during a round or match is such that it is obvious that the team is purposely trying to delay the game.
INTERPRETATION: For example, when a team draws the string to position the pen correctly after each skey that has been thrown, while the scores are still very low, or when a captain calls his team together after every skey that was thrown to discuss tactics even when it is obvious that tactics will be of no benefit at that stage.
9. If an umpire is called to monitor the delay and it is found that an unnecessary delay is definitely occurring, a set is awarded to the team who was not at fault.
A ROUND IS COMPLETED WHEN:
1. All the skeys of all the players in the match have been thrown or forfeited and the score has been taken, or could have been taken.
2. A team scored a set (23 points) and the opposing team has no skeys left to cancel the set.
A ROUND HAS BEGUN AS SOON AS:
1. The skey of the first player, of the team to throw first, has left his hand with the intention of it being thrown at the pen, or
2. The captain forfeits the skeys of the player who should throw first.
INTERPRETATION: Even though the sandpit has not been prepared for the next round, but the score has been taken and agreed upon, the captain whose team must throw first may forfeit the skeys of his player. The sandpit may not be prepared at this point as the round has started.
3. When a player’s action influences the normal course of play to the disadvantage of the opposition, a set (23 points) is awarded against the infringing team.
INTERPRETATION: Examples of “influencing the normal course of play” are preventing a skey from reaching the sandpit by stopping it in mid-
4. Where an umpire, in the case of a delay, rules that the game must continue, but a team refuses to throw, the infringing team forfeits the match.
SCORING: PEGS EN LAYS
1. Finalizing of the score is to be done by the captains after all skeys have been thrown or forfeited. Captains should both confirm each other’s scores.
INTERPRETATION: With the pitch of every skey, lays and/or pens can be added or subtracted from the total score of a team.
2. The score is subject to the following stipulations:
3. When a pen is scored, three points are awarded to the team whose player has knocked the pen over.
4. If it falls over after the skey has left the players hand, and the skey has not yet touched the sand, such a skey is to be returned to the player and the skeys which were disturbed by such a skey are to be returned as closely as possible to their original positions.
5. Furthermore, a pen is scored if the pen falls over as a result of vibration caused by the skeys landing in the sandpit, or as a result of sand or any other object in the sandpit dislodging the pen.
Interpretation: If the pen is struck and falls over as a result of a piece of concrete or wood which forms part of the frame of the sandpit/playing area, no points would be awarded as the frame is not part of the sandpit/playing area.
6. A pen is considered scored when the tapered point is or was out of the sand.
7. If for example, team A scores six pens and team B scores six pens, the number of pens cancel each other.
8. If the pen is struck, but does not fall over because it is supported by a skey, the umpire or captain can carefully move the skey away and if it falls over, it counts three points for the team who knocked the pen over.
INTERPRETATION: Carefully removing means: The skey on the opposite side to the slope of the pen must be removed first. Thereafter the skey that is underneath the struck pen may be moved.
9. In this instance the moved skey(s) have to be returned as accurately as possible to the original positions.
10. No sand may be used to support a skey and should it want to roll, it should be allowed to do so.
INTERPRETATION: This could imply that a skey or skey’s may need to be moved again in order to plant the pen in its correct position.
11. Carefully remove means that the skey is to be removed while care must be taken at all times to prevent the skey touching the pen or nearby skey’s.
12. If a skey of team A is knocked against the pen by a skey of team B and the pen falls over, it counts three points for team B and vice versa.
13. It is allowed to manipulate the opposition skey’s by throwing at them with your skey’s.
14. If a player while throwing a skey, strikes the pen, but the pen remains standing, or if the pen is no longer vertical after the throwing of a skey, the pen must be returned to its upright position before play resumes.
15. Only skey’s within a radius of 460mm from the pen, are taken into account for scoring purposes and count one point each, subject to the following conditions:
16. Only one team per round may score points with lays, that is, only the skey(s) of the team lying nearest to the pen, will count.
17. If the nearest skey of team A lies exactly the same distance from the pen as the nearest skey of team B, the skey’s cancel and neither team can score any points.
GAME DEFINITION
1. A set consists of 23 points and the team that achieves 23 points at the completion of the round, wins the set. If more than 23 points are achieved it may be corrected by throwing the rest of skey’s of the team. If at the end of the round a team has more than 23 points it will burst (Score 0).
2. If both teams score a set during the same round, each will be awarded half the set. This however does not mean that as soon as both teams have scored a set during the same round, throwing stops. The teams should throw their remaining skey’s or if they choose not to throw, forfeit the skey’s.
3. To withhold a skey means that a player interrupts his turn by withholding his second skey until the set is cancelled by the opposition. A team achieving a set is not forced to withhold their skey’s, they are entitled to strengthen their set.
4. Team A’s first player throws his first skey and scores exactly 23 points (a set) with a fallen pen. He withholds his second skey, the skey withheld must be thrown or forfeited, depending what the captain of the team decides, before another skey of the same team can be thrown or forfeited.
5. Team B’s first player throws his first skey and also scores exactly 23 points (a set) with a lay cancelling team A’s set. Now he withholds his second skey as was done with the skey of team A.
6. Team A’s first player is now obliged to throw his second skey or forfeit it, after which team B’s first player throws or forfeits his second skey.
7. The entire round should be completed either by throwing skey’s or forfeiting them. Only after all skey’s have been thrown or forfeited and the two teams both still have set, will the set be shared and both teams will then gain a shared set. (2.5 points each)
8. A skey will be forfeited when the captain of the team declares that such a skey is forfeited. The captain is obliged to name the specific player whose skey’s are being forfeited. Once such a decision has been made, it is irrevocable.
9. A decision by the captain that the skey’s of more than one player at a time be forfeited is not valid.
10. If a player scores a set for his own team as well as the opposing team with his first skey, he may either throw his second skey or he may demand that the next player of the opposing team throws before he throws again, that is, he will be allowed to withhold one skey.
11. Should a player however, score a set with his second skey, a player of the opposing team must first throw or forfeit his skey’s, before a player of the first team throws again.