Kort geskiedenis | Short history

ONTSTAAN VAN JUKSKEI

Jukskei het spontaan ONTSTAAN uit die behoefte tot ontspanning; tydverdryf; die uitbou van die kompetisiegees en sosiale verkeer met ander.

Die werklike begin kan volgens oorlewering teruggevoer word na ongeveer 1734, toe Goewerneur Jan de la Fontaine die Fort de Rietvallei aan die Buffelsjagtrivier, gestig het. Die doel van die fort was om onder andere brand- en timmerhout aan die Kasteel in Kaapstad te verskaf. Die Dragonders het hier met juk-skeie en houtstompe na ‘n voorwerp in die grond gegooi – ‘n speletjie om die ledige ure te vul.

Die spel is uitgebrei deurdat veral die transportryers by die groot uitspanplekke jukskei tot georganiseerde spel ontwikkel het. Die eerste amptelike wedstryd vind op 4 November 1939 op Keerweder (Klein-Drakenstein) plaas, tussen laasgenoemde en die KWV se spanne. Die jukskeivure het hierna hoog gebrand en op 3 Maart 1940 speel die Oos-Kaap en Vrystaat die eerste inter-provinsiale wedstryd. Die spel het later ontwikkel in ‘n volwaardige sportsoort nadat die SAJR op 25 Oktober 1940 tot stand gekom het.

Jukskei het ontstaan as kultuurgebonde aan die Afrikaanssprekende, maar het deur mededinging; uitbreiding en afronding al hoe meer wetenskaplik geraak, terwyl al hoe meer persone van ander kulture daarin begin belangstelling toon. Dit is vandag nie meer ‘n spel soos blik-aspaai, kennetjie ens. nie maar ‘n erkende SPORT. Jukskei is ‘n kompeterende sportsoort (vergelyk met professionele en rekreasiesporte) waaraan slegs amateurs deelneem.

DIE WOORD JUKSKEI

Die naam is afkomstig van die oorspronklike voorwerp waarmee die sport aanvanklik beoefen is, naamlik die skei wat uit die juk van die os getrek is.

THE ORIGIN OF JUKSKEI

Jukskei originated spontaneously due to a need for relaxation; pastime; developing a spirit of competition and social communication with others.

According to tradition, the actual beginning of jukskei dates back to 1734, when Governor Jan de la Fontaine founded the Fort de Riet Valley at the Buffelsjagt River.  The aim of the fort was, amongst others, to supply wood for fire and building to the Castle in Cape Town. Here the dragoons threw yoke-pins and wooden stumps at an object in the ground, a game to fill the idle hours.

The game was expanded when the transport riders developed jukskei into an organised game at the places where they outspanned.  The first official match took place on 4 November 1939 on Keerweder (Klein Drakenstein) farm, between the home-teams and the KWV teams.  Enthusiasm for jukskei was at a height and on 3 March 1940 teams from the Eastern Cape and the Freestate play the first inter-provincial matches.  Later the game developed into a full-fledged type of sport and on 25 October 1940 the SAJR came into being.

Jukskei originated as part of the culture of the Afrikaans speaking people, but through competition; expansion and rounding off, the game became more scientific, while people from other cultures are showing interest.  Today it is no longer a game like hide-and-seek, but it is an acknowledged SPORT.  Jukskei is a competitive sport (compared to professional and recreational types of sport) where only amateurs may participate.

THE WORD JUKSKEI

The name is derived from the original object with which the sport was played, namely the skey which was pulled from the yoke of the oxen.

SKEIE WAT UIT DIE JUK VAN DIE OSSE GETREK IS (Taljaard, 2001: 3)
SKEYS WHICH WERE PULLED FROM THE YOKE OF THE OXEN. (Taljaard, 2001: 3)
jukskei-ossewa

Verskillende skeie het hul oorsprong uit die ossewa gevind.

Die speekskei is gemaak uit die langspeek van ‘n ossewawiel (sien C1). Die kopskei, wat gemaak is uit die disselboom van ‘n ossewa (sien C2). Die oorspronklike skei (sien C3), getrek uit die juk en laastens die langskei (sien C4) wat in die hotvoorposisie gebruik is. Die touleier het sy sweep of leiriem hieraan opgehang.. Die skei is met ‘n ander skei in die grond ingekap en dan is dit as ‘n pen gebruik, waarna daar gegooi is.

DIAGRAM SKEIE GEMAAK UIT DIE ONDERDELE VAN DIE TRANSPORTWA

Different skeys had their origin from the ox wagon.

The spoke-skey was made from the long-spoke of the wheel of the ox-wagon (see C1).  The chop-skey was made from the shaft of the ox-wagon (see C2).  The original skey (see C3), was pulled from the yoke, and lastly the long-skey (see C4) which was used in the left front position.  The leader of the oxen hung his whip or lead rope from this. A skey was forced into the ground with another skey, then it was used as a peg at which skeys were thrown.

SKEYS MADE FROM THE BOTTOM PARTS OF THE TRANSPORT-WAGON

jukskei-ossewa-skeie

DIE SPORT JUKSKEI

Die spel bestaan uit die gooi van ‘n SKEI, oor ‘n VASGESTELDE AFSTAND, in die rigting van die PEN, wat in die SANDPUT geplant is.

THE SPORT JUKSKEI

The game consists of the throwing of a SKEY, from a STIPULATED DISTANCE, in the direction of a PEN, which is placed in a SANDPIT.

jukskei-pen-skei-vandag