JukskeiSA-equipment

Jukskei Toerusting | Equipment

SPESIFIKASIES VAN FASILITEITE EN TOERUSTING| SPECIFICATIONS OF FACILITIES AND EQUIPMENT 

Buy equipment

Besigtig toerusting | View equipment


  • Baan

    1. Die totale lengte van die baan is 28 meter.
    2. Die baan moet nagenoeg waterpas wees.
    3. Daar moet twee sandputte wees, minstens 3 meter lank, 2.4 meter breed en 150 mm diep, en met los sand gevul.
    4. Daar moet minstens 1.8 meter sand voor en minstens 1.2 meter sand agter en aan weerskante van elke pen wees.
    5. Die baan moet op so ‘n wyse aangelê word dat die afstand tussen die twee penne, op hul korrekte posisies, presies 9 meter van mekaar sal wees.
    6. ‘n Raamwerk van hout, steen of beton kan waterpas aangebring word om die kante van die sandput te verstewig.
    7. ‘n Skroef, spyker of soortgelyke voorwerp moet aan weerskante van die raamwerk aangebring word op ‘n afstand van minstens 1.8 meter van voor af, waaraan ‘n dwarslyn gevestig moet word ten einde die posisie van die pen te kan bepaal.
    8. Geen heining, muur of hindernis mag nader as 2.5 meter aan die agterkant van die 16m sperstreep wees nie.

    Pitch

    1. The total length of the pitch is 28 meters.
    2. The pitch should be as level as possible.
    3. There should be two sandpits at least 3 meters long, 2.4 meters wide and 150mm deep, filled with loose sand.
    4. There should be at least a 1.8 meter stretch of sand in front of the pen and at least 1.2 meters of sand behind and on either side of the pen.
    5. The pitch should be laid out in such a manner that the distance between the two pens, when in their correct positions, is exactly 9 meters.
    6. A level framework of wood, brick or concrete may be installed to support the sides of the sandpit.
    7. A screw, nail or similar object must be fixed to either side of the framework 1.8 meter from the front, with a string secured to establish the correct position of the pen.
    8. No hedge, wall or barrier should be closer than 2.5 meter from the back of the 16m pitching line.


  • Skeie

    1. Skeie mag alleenlik van hout, rubber, rubber-komposisie of sintetiese materiaal, of deur ‘n samestelling, wat deur die IJF goedgekeur is, vervaardig word.  Tot op Nasionalevlak mag skeie wat deur Jukskei SA goedgekeur is gebruik word
    2. Die totale lengte van ‘n skei (handvatsel ingesluit) is tussen 300mm minimum en 460mm maksimum.
    3. Die romp van die skei moet silindries wees met ‘n deursnee van tussen 50 mm minimum en 75mm maksimum.
    4. Die maksimum gewig van ‘n skei is 1.8kg

    Skeys

    1. Skeys may only be made from wood, rubber, rubber composite, synthetic materials or a combination there-of, as approved by the IJF.  Up to National level skeys may be used that are approved by Jukskei SA.
    2. The total length of a skei (including the handle) must be between a minimum of 300mm and a maximum of 460mm.
    3. The body of the skei must be cylindrical with a diameter between 50mm minimum and 75mm maximum.
    4. The maximum weight of a skei is 1.8kg.


  • Penne

    1. Penne mag uitsluitlik van hout of deur IJF goedgekeurde sintetiese materiaal vervaardig word.
    2. Die lengte van ‘n pen is 495mm (minimum) tot 500mm (maksimum).
    3. Die deursnee van ‘n pen is 27mm (minimum) tot 32mm (maksimum).
    4. Die romp van die pen moet silindries wees.
    5. Die een end van ‘n pen moet oor ‘n afstand van 50mm tot ‘n 5mm punt taps wees.  Die ander end (kop van die pen) moet plat wees en nie rond nie.  (Sien skets van pen)
    6. ‘n Windmerk van 18mm (minimum) tot 20mm (maksimum) breed moet op die pen aangebring wees beginnende vanaf die bokant van die 50mm taps gedeelte
    7. Die punt van die pen mag met ‘n skroef versterk word.  Die vorm van die punt mag egter nie geaffekteer word nie.  Die dikte van die kop van die skoef is ingesluit by die 50mm taps gedeelte.

    Pegs
    1. Pegs may only be made of wood or synthetic material approved by the IJA.
    2. The length of a peg is a minimum of 495mm and a maximum of 500mm.
    3. The diameter is a minimum of 27mm and a maximum of 32mm.
    4. The body of the peg must be cylindrical.
    5. One end of a peg must be tapered from 50mm to a point 5mm in diameter.  The other end must be flat and must not be rounded.  (See sketch of a peg.)
    6. A wind mark of minimum 18mm and a maximum of 20mm wide must be marked on the peg, starting at the top of the 50mm tapered end.
    7. The point of the peg may be strengthened with a screw.  The shape of the tapered point may not be influenced.  The thickness of the screw’s head is included in the 50mm tapered end.


  • Passer

    1. Vir meetdoeleindes is ‘n standaard passer van 460mm noodsaaklik

    Caliper

    1. For measuring purposes it is essential to have a caliper with an a maximum measuring ability of 460mm.


  • Dwarslyn

    1. Die dwarslyn mag slegs van lyn of tou wees.
    2. Die dikte van die dwarslyn mag nie twee (2) millimeter oorskry nie.
    3. Die dwarslyn word aan die eenkant permanent vasgeheg.
    4. Aan die ander end van die dwarslyn moet ‘n lus, hakie of ring wees om oor die teenoorgestelde skroef/ spyker of soortgelyke voorwerp te haak sodat die dwarslyn styf gespan kan word.
    5. ‘n Knoop wat die presiese middelpunt van die breedte van die sandput aandui, moet in die dwarslyn aangebring word.

    String

    1. Only line or string may be used.
    2. Thickness must not exceed two (2) mm.
    3. Must be permanently secured to one side.
    4. The other end must have a loop, hook or ring which can be hooked over the opposite screw / nail or similar object in the framework allowing the string to be drawn tightly.
    5. A knot that indicates the exact centre of the width of the sandpit must be tied in the string.

 


 

JUKSKEITOERUSTING BESKIKBAAR | EQUIPMENT AVAILABLE

Top

JukskeiSA-EQUIPMENT

Elkeen van die items wat hier gelys word voldoen aan die nodige kriteria en vereistes soos deur JSA voorgeskrywe. Enige ander toerusting wat beskikbaar is, kan moontlik geen goedkeuring wegdra nie.Toerusting wat geevalueer is en aan die verskillende vereistes voldoen en tot op sekere vlakke ‘gekwalifiseer’is, is as volg:

Each of the following items listed below complies with the criteria as prescribed by JSA.  Any other equipment available, may possibly not have approval.Equipment are evaluated and have to comply with conditions to qualify usage at a certain level and is as follows:

  • JukskeiSA-skeys

     

     

    Skeie / Skeys
    Beskikbaar van
    / Available from
    Gewig / Weight
    Prys per paar
    / Prize per Pair
    Dunlop Rubber
    056 215 1505 OR 087 550 2500
    1.1 kg
    R930
    1.4 kg
    R950
    1.6 kg
    R1055
    1.8 kg
    R1060

  • JukskeiSA-skeys

     

    Skeie / Skeys
    Beskikbaar van
    / Available from
    Gewig / Weight

    Price

     

    VAT

     

    Prys per paar
    / Prize per Pair
    FLOWTEC
    danie.stoltztransnet.net
    Danie Stoltz Cell. 082 255 9906 flowtechengineeringabsamail.co.za
    Dolf Venter Cell. 082 320 6302
    0.8-0.9 kg
     210,53
     29,47
    R240
    1.0 kg
     210,53
     29,47
    R240
    1.1 kg
     210,53
     29,47
    R240
    1.2 kg
     210,53
     29,47
    R240
    1.4 kg
     219,30
     30,70
    R250
    1.6 kg
     228,07
     31,93
    R260
    1.8 kg
     241,23
     33,77
    R275

  • Penne / Pegs 500mm. Internationally
    Beskikbaar van
    / Available from
    PRICE
    VAT
    Prys per pen
    / Prize per peg
    Flowtec Sintetiese penne / Synthetic pegs
    87,72
    12,28
    R100
    Flowtec Practice pen / peg
    flowtechengineeringabsamail.co.za
    30,70
    4,30
    R35

  • Passer / Calliper
    Beskikbaar van
    / Available from
    PRICE
    VAT
    Prys per passer
    / Prize per calliper
    Passer / Calliper 460 mm. Stainless Steel. Internationally approved
    70,17
    9,82
    R 80

  • JukskeiSA-Bottle-handles

     

     

     

     

    Bottelhandvatsels / Bottle handles
    Bestellings kan geplaas word / Place your order with:
    Dirk Brits.
    Tel: 021 981 5656  / 024132929
    Bottelhandvatsels word gemaak met die doel om aan te wend vir kleuters en ook vir opleiding van beginners.  Daar is twee tipes, verskillende handvatseldiktes, beskikbaar.  Die dikker handvatsel is dieselfde as die van die 1,1kg skei.
    1.      Bottelhandvatsels – Standaard R55 per stel (2)
    2.      Bottelhandvatsels – Dikker handvatsel R65 per stel (2)
    Beide tipes is in vier verskillende kleure beskikbaar:  Groen, Pers, Swart en Rooi
    Bottle handles are made to assist with skills development of toddlers and training of beginner players.  There are two types with different handle circumference available.  The thicker handle are equal to those of standard 1.1kg skeys.
    1.      Bottle handle- Standard R55 per set (2)
    2.      Bottle handle – Thicker handle R65 per set (2)
    Both of above are available in four colours:  Green, Purple, Black and Red

  • JukskeiSA-Toddler-skeys

     

     

    Kleuter skeie / Toddler skeys
    Bestellings kan geplaas word / Place your order with:
    Dirk Brits. Tel: 021 981 5656  / 024132929
    Kleuterskeie – vir opleiding van kleuters = R35
    Hierdie skeitjies is 48mm x 250mm.  Die handvatsel kan of ‘n 19mm of 22mm dikte wees.
    Toddler skeys – for training of toddlers at R35
    These skeys are 48mm x 250mm.  The handle can be a 19mm or 22mm circumference.