Rules/General Play - JUKSKEI SA Website

Go to content

Main menu

Rules/General Play

Go Jukskei
 

2011 Jukskei reëls in pdf. Druk hier om af te laai.

 
SPEELREëLS / RULES

1. JUKSKEI SA SKEIDSREGTERSKOMITEE / JUKSKEI SA UMPIRES COMMITTEE
VOORSITTER / CHAIRMAN:
Mnr. / Mr. D.J.P. Brits
Iago Singel 9
Othello Aftree-oord
Brackenfell 7560
Sel / Cell: +27 (0)824132929
Epos / Email: dirkbrits@vodamail.co.za  britsd@jukskei.co.za

SEKRETARIS / SECRETARY:
ME / Ms B. Liebenberg
Klapperboslaan 5
Denneoord, George, 6529
Sel / Cell: +27 (0)731855434
Epos / Email: bethlie@vodamail.co.za

HOOFSKEIDSREGTER / CHIEF UMPIRE:

ME / Ms. R.J. van den Berg
Posbus 6138
Birchleigh, 1621
Sel / Cell: +27 (0)832546120
Epos / Email: reinettev@mweb.co.za

2. NAVRAE / ENQUIRIES
2.1
Aangaande die spel en organisasie plaaslik, via die betrokke unies se Skeidsregterkomitee of Direkteur Administrasie van die Unie.
Regarding the game and local organizations, via the relevant Union’s Umpire Committee, or the Union’s Director of Administration.
2.2
Aangaande speelreëls aan die Hoofskeidsregter van die JSASK.
Regarding rules of the game, to the Chief Umpire of the JSAUC.
2.3
Vir enige verdere inligting kan Jukskei SA se Webblad besoek word by: www.jukskei.co.za.
Any other information: visit the website of Jukskei SA at: www.jukskei.co.za

3. INLEIDING / INTRODUCTION
Die doel van Jukskei is om binne ‘n bepaalde tyd ‘n maksimum van drie skofte aan te teken.
The purpose of Jukskei is to achieve a maximum of 3 sets within a given time.

Die wysiging van speelreëls kan alleenlik plaasvind op die Skeidsregtersvergadering van Jukskei SA se Skeidsregterskomitee en is onderworpe aan die goedkeuring tydens Jukskei SA se Algemene Jaarvergadering.
Amending the rules can only take place at the Umpires meeting of Jukskei SA’s Umpires Committee and are subject to approval at the Annual General Meeting of Jukskei SA.

Hierdie reëls mag aangepas word vir huishoudelike omstandighede. Op Nasionale vlak kan die Nasionale Instansie die re_ls aanpas en op Internasionale vlak kan die Internasionale Instansie die re_ls aanpas.
These rules may be adapted for local circumstances. At National level the rule may be adjusted by the National Body and at International level the International Body may adjust the rules.

4. DEFINISIES / DEFINITIONS
4.1
Baan: Dit is die 28 x 3.6 m speelarea.
Pitch: This is the 28 x 3.6 m playing area.
4.2
Goedgekeur: Beteken deur die Algemene Jaarvergadering van die Internasionale Jukskei Federasie goedgekeur.
Approved: As approved by the Annual General Meeting of the International Jukskei Association.
4.3
In Spel: ‘n Skei is in spel wanneer die skei of ‘n gedeelte daarvan binne die speelvlak is.
In play: A skey or part thereof is in play if it is in the playing area.
4.4
Junior: Enige deelnemer (meisie/seun) wat in ‘n kalenderjaar die ouderdom van 18 jaar bereik, of jonger is.
Junior: Any participant (girl/boy) that reaches the age of 18 years during a calendar year, or younger.
4.5
Kaptein: ‘n Deelnemer wat deur die instansie wat hy verteenwoordig aangewys is (reël 13).
Captain: A participant appointed by the body he represents (Rule 13).
4.6
Man: ‘n Manlike deelnemer vanaf die kalenderjaar waarin hy 19 jaar oud word, tot die dag voor sy 50ste verjaardag.
Man: A male from the calendar year reaching the age of 19 until the day before his 50th birthday.
4.7
Skeidsregter: 'n Gekwalifiseerde en geaffilieerde deelnemer wat as arbiter optree om ‘n beslissing te gee.
Umpire: A qualified and affiliated participant that acts as an arbitrator to make a ruling.
4.8
Speelreëls: Die reëls van die spel Jukskei soos deur die IJF aanvaar en goedgekeur.
Rules of play: The rules of Jukskei as accepted and approved by the IJF.
4.9
Speelvlak/Sandput: Dit is die area binne die raamwerk vanaf ‘n 12uur posisie van bo gesien.
Sandpit/playing area: The area inside the framework seen from above at the 12 o’clock position.
4.10
Steekskei: Dit is 'n skei wat die sand teen 'n hoek binnedring sonder 'n sleepmerk.
Pegged skey: A skey that has penetrated the sand at an angle without any trail mark.
4.11
Verbeur: ‘n Skei/e word verbeurd verklaar en mag nie verder in daardie gooibeurt gebruik word nie.
Forfeit: A forfeited skey may not be used in that round.
4.12
Veteraan: Deelnemer wat die ouderdom van 50 jaar bereik het.
Veteran: A participant 50 years and older.
4.13
Vroue: ‘n Vroulike deelnemer vanaf die kalenderjaar waarin sy 19 jaar oud word, tot die dag voor haar 50ste verjaardag.
Women: A female participant from the calendar year upon reaching the age of 19 until the day before her 50th birthday.
4.14
Hy/sy/haar: Orals waar die manlike vorm genoem word moet die vroulike vorm ingelees word.
He/she/her: Everywhere where the male form is mentioned the female form must also be read.

5. AFKORTINGS / ABBREVIATIONS
IJF - Internasionale Jukskei Federasie  
IJSK – Internasionale Jukskei Skeidsregterskomitee

IJF - International Jukskei Federation.
IJUC - International Jukskei

6. SPESIFIKASIES VAN FASILITEITE EN UITRUSTING / SPECIFICATIONS OF FACILITIES AND EQUIPMENT
Baan / Pitch
S1
Die totale lengte van die baan is 28 meter.
The total length of the pitch is 28 meters.
S2
Die baan moet nagenoeg waterpas wees.
The pitch should be as level as possible.
S3
Daar moet twee sandputte wees, minstens 3 meter lank, 2.4 meter breed en 150 mm diep, en met los sand gevul.
There should be two sandpits at least 3 meters long, 2.4 meters wide and 150mm deep, filled with loose sand.
S4
Daar moet minstens 1.8 meter sand voor en minstens 1.2 meter sand agter en aan weerskante van elke pen wees.
There should be at least a 1.8 meter stretch of sand in front of the peg and at least 1.2 meters of sand behind and on either side of the peg.
S5
Die baan moet op so 'n wyse aangelê word dat die afstand tussen die twee penne, op hul korrekte posisies, presies 9 meter van mekaar sal wees.
The pitch should be laid out in such a manner that the distance between the two pegs, when in their correct positions, is exactly 9 meters.
S6
'n Raamwerk van hout, steen of beton kan waterpas aangebring word om die kante van die sandput te verstewig.
A level framework of wood, brick or concrete may be installed to support the sides of the sandpit.
S7
‘n Skroef, spyker of soortgelyke voorwerp moet aan weerskante van die raamwerk aangebring word op ‘n afstand van minstens 1.8 meter van voor af, waaraan 'n dwarslyn gevestig moet word ten einde die posisie van die pen te kan bepaal.
A screw, nail or similar object must be fixed to either side of the framework 1.8 meter from the front, with a string secured to establish the correct position of the peg.
S8
Geen heining, muur of hindernis mag nader as 2.5 meter aan die agterkant van die 16m sperstreep wees nie.
No hedge, wall or barrier should be closer than 2.5 meter from the back of the 16m pitching line.

Skeie / Skeys
S9
Skeie mag alleenlik van hout, rubber, rubberkomposisie of sintetiese materiaal, of deur 'n samestelling, wat deur die IJF goedgekeur is, vervaardig word. Tot op Nasionalevlak mag skeie wat deur Jukskei SA goedgekeur is gebruik word.
Skeys may only be made from wood, rubber, rubber composite, synthetic materials or a combination there-of, as approved by the IJF.
Up to National level skeys that have been approved by Jukskei SA may be used.
S10
Die totale lengte van ‘n skei (handvatsel ingesluit) is tussen 300mm minimum en 460mm maksimum.
The total length of a skey (including the handle) must be between a minimum of 300mm and a maximum of 460mm.
S11
Die romp van die skei moet silindries wees met ’n deursnee van tussen 50 mm minimum en 75mm maksimum.
The body of the skey must be cylindrical with a diameter between 50mm minimum and 75mm maximum.
S12
Die maksimum gewig van ‘n skei is 1.8kg
The maximum weight of a skey is 1.8kg.



Penne / Pegs

S13
Penne mag uitsluitlik van hout of deur IJF goedgekeurde sintetiese materiaal vervaardig word.
Pegs may only be made of wood or synthetic material approved by the IJA.
S14
Die lengte van ’n pen is 495mm (minimum) tot 500mm (maksimum).
The length of a peg is a minimum of 495mm and a maximum of 500mm.
S15
Die deursnee van ‘n pen is 27mm (minimum) tot 32mm (maksimum).
The diameter of a peg is a minimum of 27mm and a maximum of 32mm.
S16
Die romp van die pen moet silindries wees.
The body of the peg must be cylindrical.
S17
Die een end van ’n pen moet oor 'n afstand van 50mm tot 'n 5mm punt taps wees. Die ander end (kop van die pen) moet plat wees en nie rond nie. (Sien skets van pen)
One end of a peg must be tapered from 50mm to a point 5mm in diameter. The other end must be flat and not rounded. (See sketch of a peg.)
S18
‘n Windmerk van 18mm (minimum) tot 20mm (maksimum) breed moet op die pen aangebring wees beginnende vanaf die bokant van die 50mm taps gedeelte.
A wind mark of minimum 18mm and a maximum of 20mm wide must be marked on the peg, starting at the top of the 50mm tapered end.
S19
Die punt van die pen mag met ‘n skroef versterk word. Die vorm van die punt mag egter nie geaffekteer word nie.
The point of the peg may be strengthened with a screw. The shape of the tapered point may not be influenced.



Passer / Caliper
S20
Vir meetdoeleindes is 'n standaard passer van 460mm noodsaaklik
For measuring purposes it is essential to have acaliper with a maximum measuring ability of 460mm.



Dwarslyn / String
S21
Die dwarslyn mag slegs van lyn of tou wees.
Only line or string may be used.
S22
Die dikte van die dwarslyn mag nie twee (2) millimeter oorskry nie.
The thickness may not exceed two (2) mm.
S23
Die dwarslyn word aan die eenkant permanent vasgeheg.
The string must be permanently secured to one side.
S24
Aan die ander end van die dwarslyn moet ‘n lus, hakie of ring wees om oor die teenoorgestelde skroef/ spyker of soortgelyke voorwerp te haak sodat die dwarslyn styf gespan kan word.
On the other end of the string must be a loop, hook or ring which can be hooked over the opposite screw / nail or similar object in the framework allowing the string to be drawn tightly.
S25
‘n Knoop wat die presiese middelpunt van die breedte van die sandput aandui, moet in die dwarslyn aangebring word.
A knot that indicates the exact centre of the width of the sandpit must be made in the string.




1. SPEELREËLS VAN JUKSKEI / RULES FOR PLAYING JUKSKEI
REËL 1 – ALGEMENE REËLS / RULE 1 – GENERAL RULES
1.1 Die Spel / The Game
Jukskei bestaan uit die gooi van ‘n skei van agter ‘n sperstreep oor ‘n bepaalde afstand in die rigting van en na ‘n pen wat in ‘n sandput staan. Die skei word aan die handvatsel gevat en verby die been geswaai en onderhands vorentoe gegooi.
The game of “JUKSKEI” consists of pitching a skey from a pitching line, over a fixed distance, in the direction from and to a peg, which is positioned in a sandpit. The skey is held by the handle and is pitched underhand past the leg in a forward swinging motion.
1.2 Gooi Afstande Distances
1.2.1
Verskillende ouderdomsgroepe gooi, vanaf die verskillende sperstrepe, oor verskillende afstande na die verste pen, soos hieronder aangedui:
Different age groups pitch over various distances to the peg furthest from the relevant pitching line as indicated below:




1.2.2
Veterane Mans 50 / 65 jaar en ouer gooi in alle kompetisies minstens 14 / 13 meter, behalwe by die SA Senior Jukskeikampioenskappe, waar daar ‘n gelyke veteranekompetisie is en hulle nie daar ingeskakel is nie, maar wel by ander manskompetisies, in welke gevalle hulle minstens 16 meter gooi.
Veteran men 50 / 65 years and older, pitch a distance of at least 14 / 13 meters in all competitions, except at the SA Senior Jukskei Championships, where the veterans compete separately. If they aren’t participating in the veteran’s section, they pitch a distance of at least 16 meters.
1.2.3
Indien persone van verskillende ouderdomsgroepe of geslagte in dieselfde kompetisie speel, gooi elkeen oor die afstand soos op die betrokke ouderdom en geslag van toepassing is.
If people of mixed ages and genders compete in the same competition, each player pitches according to individual distances as set out in the rules.
1.2.4
VETERANE: Mag vanaf die dag waarop die betrokke ouderdomsgrens bereik word, van die korter afstand gebruik maak.
VETERANS: Will be allowed to pitch the shorter distance from the day the relevant age limit is reached.
1.3 Skeie / Skeys
1.3.1
Alleenlik IJF goedgekeurde skeie mag gebruik word en moet aan die neergelegde spesifikasies voldoen. Tot op Nasionalevlak kan Jukskei SA goedgekeurde skeie aangewend word.
Only skeys approved of by the IJF and adhering to the specifications may be used. Up to National level skeys may be used that are approved of by Jukskei SA.
1.3.2
Die samestelling moet sodanig wees dat ander skeie nie daardeur beskadig kan word nie. The composition must be such that other skeys cannot be damaged.
1.3.3 Sou enige vorm van metaal in ‘n skei om welke rede gebruik word, mag dit nêrens op die oppervlak van die betrokke skei uitsteek nie.
If, for whatever reason, metal is used in a skey, the metal portion may not protrude above the surface.
1.3.4
Indien bevind word dat ‘n speler in die betrokke wedstryd deelneem met skeie wat nie aan die vereistes voldoen nie, sal die onwettige skeie, na die gooibeurt vir die duur van die toernooi gekonfiskeer word deur die diensdoenende skeidsregters/ beherende instansie, en word ’n skof teen die oortredende span toegeken.
When it is found that a player is participating in a match with skeys that do not comply with the rules, the skeys must be confiscated at the end of that round, for the duration of the tournament, by the Umpire on duty or the controlling body. A set is awarded against the infringing team.
1.3.5
‘n Speler mag te enige tyd gedurende ‘n wedstryd sy skeie wissel, mits hy gereed is om te gooi sodra dit sy beurt is.
A player may change his skeys at any time during the match, provided he is ready for play when it is his turn.
1.4 Penne / Pegs
1.4.1
Alleenlik IJF goedgekeurde penne mag gebruik word en moet aan die neergelegde spesifikasies voldoen (S14 & S15). Tot op Nasionalevlak kan Jukskei SA goedgekeurde penne ook gebruik word.
Only pegs approved by the IJA and adhering to the specifications may be used. (S14 & S15). Up to National level skeys may be used that are approved by Jukskei SA.
1.4.2
Penne en reserwe penne wat (in dieselfde sandput) gebruik word moet van dieselfde materiaal, en van dieselfde deursnee en lengte wees.
Pegs and reserve pegs (that are used in the same sandpit) must be of the same material and have the same diameter and length.
1.4.3
Penne mag nie deur die verloop van ‘n wedstryd vervang word tensy die pen/ne so beskadig word dat dit nie meer aan die vereistes voldoen nie.
Pegs may not be replaced during a match, unless the peg is so damaged so that it no longer complies with the specifications.
1.4.4
Die pen moet 50mm diep in die sand gesteek word.
The peg must be planted at a depth of 50mm in the sand.
1.4.5
Indien buitengewone sterk wind dit noodsaak, kan die skeidsregter in beheer gelas dat die pen tot ‘n diepte van 68-70mm, wat duidelik op die pen gemerk moet wees, gesteek word.
In the event of excessively strong wind, the umpire in charge may instruct that the peg be planted at a depth of 68-70mm, which must be clearly marked on the peg.
1.5 Passer / Caliper
1.5.1
Indien daar nie gemeet word om te bepaal of ‘n skei binne ‘n radius van 460mm van die pen lê nie, mag van ‘n korter en/of kleiner passer gebruik gemaak word om te meet.
A shorter / smaller caliper may be used, if it is not required to measure if a skey is within a radius of 460mm.
1.6 Wedstryde / Matches
1.6.1
By Internasionale en Nasionale wedstryde duur ‘n wedstryd 75 minute of 3 skofte, watter ookal die kortste is. Vir alle ander wedstryde kan die betrokke beherende instansie die tydsduur na gelang van omstandighede verkort.
The duration of International and National matches is 75 minutes or 3 sets, whichever is the shortest. The controlling body may change the duration of other matches according to the prevailing circumstances.
1.6.2
Geen span mag laat opdaag vir enige wedstryd tydens Internasionale en Nasionale toernooi nie. Indien ’n span wel laat opdaag mag die wedstryd nie gespeel word nie en word die wedstryd aan die span wat opdaag, toegeken.
No team is allowed to arrive late for any International or National match. In the event that a team does arrive late, the match will not take place and will be awarded to the opposing team.
1.6.3
Indien ‘n span wat volgens die betrokke toernooi se vereistes nie oor die minimum getal spelers beskik nie, teen ‘n span wat laat opdaag, te staan kom, word geen punte toegeken nie (0 – 0).
Should a team not comply with the tournament requirements with respect to the minimum number of players, turn up against a team that arrived late, no points would be awarded (0 – 0).
1.6.4
Wanneer die eindfluitjie blaas, moet daar met die betrokke gooibeurt voortgegaan word totdat alle skeie gegooi of verbeurd verklaar is. In die geval van die reënfluitjie, sien Reël 12.3.
When the final whistle sounds, the round must be continued until all skeys have been pitched or forfeited. In the event of the rain whistle - see rule 12.3
1.7 ‘n Skof / Set
1.7.1
‘n Skof bestaan uit 23 punte wat behaal word uit die gesamentlike telling van penne (wat drie 3 punte tel) en lê’s (wat een 1 punt tel) aan die einde van ‘n voltooide gooibeurt. (Sien reël 9)
A set consists of 23 points that are achieved by the combined score of pegs (three 3 points) and lays (one 1 point) at the end of a completed round.- (see rule 9)
1.8 Puntetoekenning / Scoring
1.8.1
Vyf (5) punte vir ‘n skof.
Five (5) points per set.
1.8.2
Drie (3) punte vir die voorloop met punte in ‘n onvoltooide skof, en twee (2) punte vir agterstand in ‘n onvoltooide skof.
Leading in an unfinished set, three (3) points. Trailing in an unfinished set, two (2) points.
1.8.3
Twee en ‘n half (2.5) punte vir elke span vir die ongespeelde skofte.
Two and a half (2.5) points for each team in an un-played set.
1.8.4
Twee en ‘n half (2.5) punte vir elke span indien die skof gelykop eindig.

Set ending in a draw: Two and a half (2.5) points to each team.

REËL 2 / RULE 2 - SPAN VAN DIE DWARSLYN / TO DRAW THE STRING
2.1
Die dwarslyn word gespan om die pen op sy korrekte posisie te steek.
The string is drawn to place the peg in the correct position.
2.2
Indien die dwarslyn gedurende ‘n gooibeurt slap word, los gaan of breek, moet dit vervang word.
If the string becomes slack, loose or breaks during a round, it must be replaced.
2.3
Geen addisionele knoop/knope mag in die dwarslyn gemaak word nie. Indien ‘n skeidsregter tydens sy optrede vind dat die dwarslyn wel addisionele knoop/knope het, moet die skeidsregter albei spanne se kapteins vra of die addisionele knoop/knope voor die aanvang van die gooibeurt in die dwarslyn was.
Indien albei kapteins daarvan bewus is, moet die skeidsregter voortgaan met sy beslissing en moet die dwarslyn vervang word na afloop van die betrokke gooibeurt.
Indien een kaptein nie van die addisionele knoop/knope bewus is nie, moet die dwarslyn vervang word voor enige verdere meting plaasvind.
No additional knots may be made in the string. If the umpire finds, during his action, that the string has additional knots, he must enquire from both captains whether the additional knots were present at the start of the round.
If both captains are aware of the knots, the umpire carries on with his measurement and the string must be replaced at the end of the round.
If one captain is not aware of the additional knots, the string needs to be replaced before the measurement takes place.
2.4
Die dwarslyn moet reguit gespan word en mag nie na onder, voor of agter gebuig word nie.
The string must be drawn in a straight line over the top of the skeys and should not arch downwards, forwards or backwards.

2.5

Die dwarslyn word onderdeur die skeie gespan as dit los deurgaan en die knoop vanuit die twaalfuur (12-uur) posisie sigbaar is.

If the string can be drawn freely under the skeys and the knot to position the peg is clearly visible from a 12 o’clock position from above, the string must be drawn underneath the skeys.
2.6

Om die dwarslyn te span mag geen skei verwyder word nie. Indien ‘n skei dit onmoontlik maak om die dwarslyn te span, mag die betrokke skei tydelik verwyder of weggedruk word sodat die dwarslyn verby die skei gespan kan word.

No skeys may be removed to draw the string. Where there is a skey in the way of the string, this skey may be removed temporarily or pushed aside to enable the string to be drawn.


REËL 3 / RULE 3 - POSISIE VAN DIE PEN / POSITION OF THE PEG

3.1
Wanneer die dwarslyn gespan is, word die pen presies agter die knoop op ‘n diepte van 50 mm gesteek, tensy omstandighede soos in Reël 1.4.5 anders bepaal.
When the string has been drawn across the sandpit, the peg is placed exactly behind the knot at a depth of 50mm unless circumstances as in Rule 1.4.5 determine otherwise.

3.2

Indien ‘n pen gekwes word, kan vasgestel word of die pen op sy korrekte plek staan, deur die dwarslyn te span.
VERTOLKING: Gekwes beteken dat die pen nie meer op sy oorspronklike en/of regop posisie staan nie.
If a peg is struck, the correct position of the peg can be determined by drawing the string.
INTERPRETATION: Struck implies that the peg is no longer in its original and / or upright position
3.3
In die geval van ‘n steekskei mag die pen net getoets word of dit sal val al dan nie:
3.3.1 toe die steekskei gegooi is.
3.3.2 indien die pen daarna in ‘n gekweste posisie beland as gevolg van die gooi van ‘n skei.
In the event of a pegged skey, the peg may only be tested to see if it falls or not, when:
3.3.1 the pegged skey was pitched,
3.3.2 when the peg is in a leaning position as a result of another skey having been pitched.
3.4
Om te toets of die pen sal val, word ‘n steekskei stadig uitgetrek in die teenoorgestelde rigting en dieselfde hoek waarin die skei gesteek het.
To test whether the peg will fall, a pegged skey is slowly pulled out in the same direction and at the same angle in which it entered the sand.
3.5
Vir meetdoeleindes moet slegs die pen waarna gegooi is, gebruik word.
For measuring purposes, only the peg that has been pitched at may be used.
3.5.1
Indien daar gedurende die meting gevind word dat die pen nie aan al die vereistes voldoen nie, moet die betrokke pen vir daardie beslissing gebruik word, maar onmiddellik na die gooibeurt uit die spel verwyder word.
Die vervangende pen moet vir korrektheid getoets word. Indien daar nie ‘n korrekte beslissing gemaak kan word nie, moet die tweede pen gebruik word (sien Reël 13.1)
If it is found that the peg does not comply with specification, the peg not complying must be used for that specific decision, but must be discarded immediately after completion of the round.
The replacement peg must comply with the correct specifications. If a correct ruling is impossible with that peg, the second peg must be used.
3.6
Die afstand tussen die skei en die pen word gemeet van enige deel van die pen wat bo die oppervlakte van die sand uitsteek, na die naaste punt of deel van die skei, hetsy bo of onder die sand. Vir meet-doeleindes mag ‘n skei tydelik oopgekrap word om die naaste punt te bepaal. Die kortste afstand tussen die pen en skei moet altyd bepaal word.
VERTOLKING: As die sand oopgekrap moet word om ‘n steekskei se naaste punt te bepaal en ‘n moontlikheid bestaan dat die pen mag kantel, moet die pen eers op sy korrekte plek dieper gesteek word. Daarna moet ‘n merkie op die pen gemaak word waar die pen die sand binnedring. Nou moet die skei versigtig oopgekrap word en gemeet word vanaf hierdie merkie op die pen na die naaste deel van die skei. Na die meet proses moet die sandoppervlakte en die diepte van die pen herstel word.

The distance between the skey and the peg is measured from any part of the peg protruding above the surface of the sand, to the nearest point or part of the skey, either above or beneath the sand. For measuring purpose the skeys may be uncovered temporarily in order to determine the nearest point. The shortest distance between the peg and the skey must always be determined.
INTERPRETATION: If the sand must be cleared to determine a pegged or sand covered skeys nearest point to the peg, and there is a possibility that the peg may fall, the peg must initially be pushed deeper into the sand in its correct position. Thereafter, a mark must be made on the peg at sand level. The skey must then be uncovered carefully in order to measure from the mark on the peg to the nearest point of the skey. After measuring, the sand surface must be restored and the peg replaced to its original depth.
3.7
Word die pen getref en die skei bly op die plek lê waar die pen moet staan, moet sodanige skei in die rigting geskuif word wat die minste skuif veroorsaak vir die betrokke skei.
Blyk dit egter dat die skei beslis met sy middelpunt op die plek lê waar die pen moet staan, het die kaptein van die span aan wie die skei behoort, die reg om te besluit in watter rigting die skei geskuif moet word.
Word daardie skei deur enige ander skei verhinder om vir die pen plek te maak, sodat laasgenoemde nie in sy oorspronklike posisie teruggeplaas kan word nie, moet die skei wat in die pad van die ander skei lê, saam met
laasgenoemde geskuif word.
VERTOLKING: Rigting beteken loodreg op die skei met betrekking tot die pen.
If the peg is knocked over and the skey remains in the place where the peg should stand, such a skey should be moved in the direction requiring the least movement.
However, should it appear that the skey lies with its centre point exactly in the position where the peg should be, the captain of the team, to which the skey belongs will have the right to decide in which direction the skey is to move.
Should that skey be obstructed by any other skey, thereby preventing the peg from being positioned correctly, the obstructing skey(s) must all be moved at the same time.
INTERPRETATION: Direction implies perpendicular to the peg.
3.7.1
Die skei/e wat geskuif word, se helling en/of rigting moet so na as moontlik behou word.
The gradient and direction of skeys being moved may not be altered.
3.7.2
Wanneer ‘n skei weggeskuif word om vir die pen plek te maak, moet dit gedoen word in die rigting wat die minste skuif van die betrokke skei noodsaak, d.w.s. nie slegs na die kante toe nie, maar ook vorentoe, agteruit of skuins.
VERTOLKING 1: Indien skeie opmekaar lê moet die “Bo na onder” metode gebruik word om die skeie te skuif.
VERTOLKING 2: “Bo na onder” metode beteken die skeie moet een na die ander van bo na onder geskuif word om plek te maak vir die pen.
Geskuifde skeie moet nie terug geskuif word nie.
When a skey is moved in order to position the peg, it must be done in a perpendicular direction requiring the least movement, that is, not only to the sides, but also forward, backward or at the same angle.
INTERPRETATION 1: When skeys lie on top of each other, a “top to bottom” approach is used to move the skeys.
INTERPRETATION 2: The “top to bottom” method means that the skeys must be moved one after the other starting from the top to make place for the peg. Skeys moved may not be moved back.
3.7.3
Dit is nie toelaatbaar om die sand eers met die skei vas te druk en die skei daarna te verwyder nie.
It is against the rules to press the sand down with the skey before removing the skey.
3.7.4
Dit is ook nie toelaatbaar om die skei met ‘n druk rolbeweging te verskuif nie.
It is against the rules to move the skey with a pressing and rolling action.


REËL 4 / RULE 4 - GELYKMAAK VAN DIE SAND / LEVELING THE SAND
4.1
Ongeag die telling en wie die voorgooi het, mag die sandput voorberei word. Die sand mag liggies vasgedruk word waar die pen moet staan om die pen te steun.
VERTOLKING: Voorberei beteken om die sand los en gelyk te maak.
The sandpit may be prepared before the commencement of a round, regardless of the score.
INTERPRETATION: Prepare means to loosen and level the sand.

4.2
Gedurende ‘n gooibeurt mag die sand in die sandput op geen wyse versteur word nie, behalwe deur die normale verloop van die spel.
VERTOLKING: Die normale verloop van die spel beteken: Dat die sandoppervlakte met die gooi van ‘n skei kan verander, asook met die optrede van die kaptein of skeidsregter wat die skeie moet skuif om die pen te kan steek. Ander versteurings soos byvoorbeeld voetspore moet herstel word.
While a round is in progress, the sand may not be disturbed in any way, except during the normal course of play.
INTERPRETATION: The normal course of play means: The level of the sand may change when a skey is pitched, as well as with the action of the captain or umpire when moving the skeys to place the peg. Other disturbances such as footmarks must be restored.

4.3
Dit is ontoelaatbaar om die sand met die vingers los te vroetel, slootjies te maak of vas te trap.
Indien ‘n oortreding plaasvind, moet die toestand van die sand herstel word tot so na as moontlik wat dit voor die versteuring was.
Loosening sand with the fingers or making furrows or stepping on the sand to firm it, is not allowed in any circumstances. Should there be an infringement; the sand must be restored as closely as possible to its original state before the disturbance.
4.4
Indien die sand op die plek waar die pen ingesteek moet word, so uitgegooi is dat dit onmoontlik is om die pen op sy vasgestelde diepte te steek, moet sand van elders uit die sandput ingevoeg word totdat die pen behoorlik op sy bepaalde diepte gesteek kan word.
VERTOLKING: Sand van elders beteken so ver van die pen dat dit nie die spel kan beïnvloed nie.
If the sand where the peg should be positioned has been displaced to such an extent that it is impossible to position the peg to its determined depth, sand from elsewhere in the sandpit should be added to position the peg correctly.
INTERPRETATION: Sand from elsewhere means sand far from the peg so as not to influence play.

4.5
In die geval van nat sand mag die gaatjie wat die pen gelaat het, weer opgevul word voordat die pen gesteek word.
VERTOLKING: Opvul beteken tot gelyk met sandoppervlakte (laagste punt)
In the case of wet sand, the hole made by the peg may be filled before the peg is positioned.
INTERPRETATION: Filled means to the same level as the surrounding sand surface (lowest point).
4.5.1
Bogenoemde is slegs van toepassing waar die pen se punt ‘n gaatjie laat. As die sand byvoorbeeld aan die agterkant van die pen weggegooi is, mag sodanige gat nie weer opgevul word nie. In so ‘n geval kan duidelik
gesien word of die pen op sy regte diepte gesteek is.
The above mentioned is only applicable where a hole is made by the peg. If for example, the sand has been tossed away from the back of the peg; sand may not be used to fill the hole. In this case the correct depth of the peg is clearly visible.

REËL / RULE 5 - SPAN / TEAM
5.1
‘n Span bestaan uit die aantal spelers volgens die toernooi vereiste, van wie een die kaptein is.
A team consists of a number of players in accordance with the tournament requirements, of which one is the captain.
5.2
‘n Span mag van die dienste van ‘n reserwe speler gebruik maak. Al die lede van die tweede span, insluitende die reswerwe, dien as amptelike reserwes vir die eerste span. Geen van die eerste span se lede mag in so ‘n geval in die tweede span speel nie. Sou daar net een span in ‘n afdeling meeding dan mag daardie
span van twee (2) reserwes gebruik maak. Die kaptein van die vervangende speler moet die opposisie kaptein inlig van die ruiling.
A team may make use of a reserve player. All the members of the second team, including the reserve, may act as official reserve players for the first team. None of the first team players are allowed to play in the second team. Should there be only one team in a division, then the team may make use of two (2) reserves. The
captain of the substituted player must inform the captain of the opponents of such substitutions.
5.3
‘n Reserwe wat in ‘n span opgeneem is moet die wedstryd voltooi. Hy mag nie net tydelik speel tot die afwesige speler opdaag nie.
When a reserve player has been taken up in a team at the beginning of a match, he must finish the game. He may not be used temporarily until the absent player has returned.
5.4
Indien ‘n span met een speler minder as die toernooi vereiste getal spelers teen ‘n volledige span te staan kom, moet die kaptein van die span wat uit minder spelers bestaan, gedurende elke gooibeurt aandui wanneer die afwesige speler sou gooi. Die volgorde van die gooibeurt is dan asof die afwesige speler klaar gegooi het.
In the event of a team starting with one less player than the tournament requirements, against a team meeting the tournament requirements, the captain of the team consisting of less players, must indicate during each round when the phantom player would have pitched.
The sequence of the round will then continue as if the phantom player had already pitched.
5.5
Indien ‘n wedstryd met een speler minder as die toernooi vereiste getal spelers begin, mag die afwesige speler te eniger tyd gedurende die wedstryd opgeneem word mits dit aan die begin van ‘n gooibeurt is en die betrokke speler is op die baan en gereed om aan die spel deel te neem.
VERTOLKING: Indien een van die spanlede beseer sou raak en nie verder kan speel nie, moet die wedstryd voortgaan met die aanwesige getal spelers.
If a match starts with one less player than the tournament requirements, the absent player may join his team at any time during the match, provided it is at the beginning of a round and that the specific player is present and ready to participate in the game.
INTERPRETATION: If one of the present players should become injured and cannot continue with the game, the game must continue with the remaining players.
5.6
Indien daar nog een speler minder as in reël 5.4 van ‘n span opdaag, mag die wedstryd nie gespeel word nie en verbeur die onvoltallige span die punte.
Should another player less than in 5.4 arrive, the match cannot be played and the incomplete team forfeits its points.

REËL / RULE 6 - POSISIE VAN SPELERS / POSITION OF THE PLAYERS
6.1
Die speler wat gaan gooi, staan agter ‘n sperstreep in ooreenstemming met die gooi afstand in reel 1.2.1.
The player about to pitch takes up his position behind the pitching line in accordance with the pitching distances as defined in Rule 1.2.1
6.2
‘n Speler mag nie:
6.2.1 Op of oor die sperstreep trap vanwaar hy gooi voordat die skei sy hand verlaat het nie.
6.2.2 Verder as 1,8 meter na links of regs van ‘n punt agter/voor die pen staan wanneer hy gooi nie.
VERTOLKING: Let wel die klem val hier op staan binne die 1,8 m merk en nie tree tot binne die 1,8m merk nie.
A player may not:
6.2.2 Step on or over the line, from which he is pitching until the skey has left his hand,
6.2.1 Stand more than 1.8 meter to the right or left of a point directly behind the peg when he pitches.
INTERPRETATION: Note that the accent is on standing within the 1.8m mark and not stepping into the 1.8m mark.
6.3
In die geval van ‘n oortreding, word die oortredende span se kaptein deur die span wat beswaar aanteken se kaptein op die beweerde oortreding gewys, wat dan die betrokke speler sal versoek om nie weer die oortreding te begaan nie.
Sou die situasie voortduur, word ‘n skeidsregter ingeroep. Sou die betrokke skeidsregter bevind dat die oortredende span se speler wel ‘n oortreding begaan het, bied hy aan die span wat beswaar aangeteken het se kaptein die keuse om te beslis of:
6.3.1 Die skei wat nie volgens die reëls gegooi is nie, verwyder moet word al dan nie; en
6.3.2 Indien die skei verwyder word, kan geen punte deur daardie skei behaal word nie en moet die sandput herstel word so na as moontlik aan wat dit was voordat die skei gegooi is.
In the event of an infringement, the complaining team’s captain should approach the infringing team’s captain and point out that an infringement has taken place. The player responsible for the infringement will be asked not to repeat the offence.
If the situation continues the complaining captain advises the infringing team’s captain that the umpire will be called to monitor the situation. If the umpire confirms that an offence has taken place, he allows the complaining team’s captain the choice of one of the following options:
6.3.1 The skey, which was not pitched in accordance with the rules, can remain in position or be removed, and
6.3.2 If the skey is removed, points scored by such a skey cannot be counted and the sandpit must be restored as closely as possible to the state it had been in, before the skey was pitched.


REËL 7 / RULE 7 - SPEELWYSE / METHOD OF PLAY
7.1
Die kapteins besluit onderling watter span gaan voorgooi aan die begin van die wedstryd.
Both team captains mutually agree on the pitching order of the first round.
7.2
Om-die-beurt speelwyse word gevolg: Elke speler speel met twee skeie. Gooi van die skeie om-die-beurt, tussen die spelers van die mededingende spanne is soos volg:
7.2.1 Die eerste speler van die span wat moet voorgooi, gooi sy twee skeie, gevolg deur die eerste speler van die opposisie. Daarna volg die tweede speler van die eerste span en dan weer die tweede speler van die opposisie, ensovoorts.

7.2.2 Die kaptein het die reg om die volgorde waarin die spelers gooi na goeddunke te verander.
7.2.3 Indien ‘n speler uit sy beurt gooi en mits dit nie aan die begin van ‘n gooibeurt geskied nie, moet hy klaar gooi en die spel gaan om-die-beurt voort.
7.2.3.1 Indien ‘n voorgooier uit sy beurt gooi, word sy skeie aan hom terugbesorg en word geen punte toegeken nie.
7.2.3.2 Sodra die eerste speler van die teenstanders egter sy eerste skei gegooi het, word dit beskou dat die gooibeurt begin het.
7.2.3.3 Indien ‘n voorgooier egter uit sy beurt gooi en die eindfluitjie blaas, moet daardie gooibeurt voltooi word deur te begin met die voorgooier wat veronderstel was om die gooibeurt te begin.
An Alternate method of play is followed: Each player pitches with two skeys. Play between alternate players of competing teams is as follows:
7.2.1 The first player of the team to begin, pitches his two skeys, followed by the player of the opposing team. Thereafter the second player of the first team pitches, followed by the second player of the opposing team, etc.
7.2.2 The captain however, has the right to alter, at will, the sequence in which his players are to pitch as the game progresses.
7.2.3 If a player pitches out of turn and provided it does not happen at the beginning of a round, he must finish pitching and play continues alternately.

7.2.3.1 If a first player pitches out of turn, his skeys are returned to him and no points are rewarded.
7.2.3.2 As soon as the first player of the opposing team has pitched his first skey, the round will be regarded as having started.
7.2.3.3 If a first player pitches out of turn and the final whistle sounds, then that pitching round must be completed by starting again with the first player of the team who was supposed to start the round.
7.3
‘n Skei word as gegooi beskou sodra die handvatsel die hand verlaat het met die bedoeling dat dit na die ander pen gegooi is van agter die bepalende sperstreep.
A skey is regarded as having been pitched as soon as it leaves the hand, with the intention of it being pitched at the other peg, from a position behind the pitching line in accordance with the pitching distances.

REËL / RULE 8 - GOOIBEURTE / PITCHING ROUNDS
8.1
Die span wie se skei/e naaste aan die pen lê, gooi eerste in die volgende gooibeurt.
The team with a skey lying nearest to the peg pitches first during the next round.
8.2
Indien geen punte met lê-skeie aangeteken word nie, maar die een span tel ‘n pen of penne, dan gooi die span in die volgende gooibeurt voor.
If no skeys lie for scoring purposes, but one of the team scores one or more pegs, then that team pitches first in the next round.
8.3
Indien geen punte met lê’s of penne in ‘n gooibeurt aangeteken is nie, gooi die span wat die vorige gooibeurt eerste gegooi het, weer eerste.
If no lays or pegs have been scored during a round, the team that threw first during the previous round pitches first again.
8.4
Nadat daar skof gegooi is, het die kaptein van die span wat skof behaal het, die reg om die voorgooi van die volgende gooibeurt te bepaal.
After a set (23 points) has been scored, the captain of the scoring team has the right to determine the sequence of the following round.
8.5
Indien ‘n skof gelykop eindig, gooi die span wat die lê gehad het, voor in die volgende gooibeurt.

8.5.1 In die geval van ‘n bars word die voorgooi volgens Reëls 8.1 en 8.2 bepaal.

If a set ends in a tie, the team, which had the lay, pitches first in the next round.
8.5.1 In the event of a team exceeding 23 points, Rule 8.1 and 8.2 determine the pitching order.
8.6
Terwyl die gooibeurt aan die gang is, mag daar geen onnodige vertraging wees nie. By oortreding kan reel 8.9 deur die skeidsregter toegepas word.
8.6.1 Met vertraging word bedoel dat ‘n span se optrede tydens ‘n gooibeurt/wedstryd sodanig van aard is dat dit baie duidelik is dat die betrokke span die spel opsetlik probeer vertraag.

VERTOLKING: Byvoorbeeld, wanneer ‘n span na elke gooi van ‘n pen, die dwarslyn span en die pen reg steek al is die telling nog laag, of wanneer ‘n span se kaptein sy spelers na elke gooi van ‘n skei deur die opposisie bymekaar roep en taktiek bespreek al is dit baie duidelik dat geen taktiek op daardie stadium van enige nut sou wees nie.
8.6.2 Indien ‘n skeidsregter ingeroep word om ‘n vertraging te monitor en daar word gevind dat daar ‘n duidelike onnodige vertraging voorkom, word ’n skof teen die oortredende span toegeken.
While the round is in progress, there are to be no delays. If an infringement occurs the umpire will apply Rule 8.9
8.6.1 “Delay” means that a team’s behavior during a round or match is such that it is obvious that the team is purposely trying to delay the game.

INTERPRETATION: For example, when a team draws the string to position the peg correctly after each skey that has been pitched, while the scores are still very low, or when a captain calls his team together after every skey that was pitched to discuss tactics even when it is obvious that tactics will be of no benefit at that stage.

8.6.2 If an umpire is called to monitor the delay and it is found that an unnecessary delay is definitely occurring, a set is awarded to the team who was not at fault.

8.7
‘n Gooibeurt is voltooi wanneer:

8.7.1 Al die skeie van al die spelers in die gooibeurt gegooi en/of verbeur is en die telling geneem is of geneem kan word.
8.7.2 'n Span skof aangeteken het en die teenstanders geen skeie oor het om die skof te kanselleer nie.

A round is completed when:
8.7.1 All the skeys of all the players in the match have been pitched or forfeited and the score has been taken, or could have been taken.
8.7.2 A team scored a set (23 points) and the opposing team has no skeys left to cancel the set.
8.8
‘n Gooibeurt het begin sodra:

8.8.1 Die skei van die eerste speler, van die span wat moet voorgooi, sy hand verlaat het met die bedoeling dat dit na die pen gegooi word, of
8.8.2 Die speler wat moet voorgooi se skeie deur sy kaptein verbeurd verklaar word.
VERTOLKING: Al is die baan nog nie voorberei vir die volgende gooibeurt nie, maar die telling is reeds geneem en ooreengekom, mag die kaptein wie se span die voorgooi het sy speler se skeie verbeurd verklaar. Die sandput mag dan nie voorberei word nie aangesien die gooibeurt reeds begin het.

A round has begun as soon as:
8.8.1 The skey of the first player, of the team to pitch first, has left his hand with the intention of it being pitched at the peg, or
8.8.2 The captain forfeits the skeys of the player who should pitch first.
INTERPRETATION: Even though the sandpit has not been prepared for the next round, but the score has been taken and agreed upon, the captain whose team must pitch first may forfeit the skeys of his player. The sandpit may not be prepared at this point as the round has started.
8.9
Indien ’n speler(s) deur buitengewone optrede die normale gang van die spel tot nadeel van die teenstanders beïnvloed, word ’n skof teen die oortredende span toegeken.

VERTOLKING: Voorbeelde van normale gang van die spel beïnvloed is byvoorbeeld om ‘n skei uit die lug te vang, die skeie opsetlik deurmekaar te trap, ens.

When a player’s action influences the normal course of play to the disadvantage of the opposition, a set (23 points) is awarded against the infringing team.
INTERPRETATION: Examples of “influencing the normal course of play” are preventing a skey from reaching the sandpit by stopping it in midair or intentionally moving skeys in the sandpit by stepping on them.
8.10
Waar die skeidsregter in die geval van weiering van voortsetting van spel na ‘n vertraging gelas dat die spel moet voortgaan, word die wedstryd aan die span wat nie oortree het nie, toegeken.
Where an umpire, in the case of a delay, rules that the game must continue, but a team refuses to pitch, the infringing team forfeits the match.


REËL / RULE 9 - TELLING: PENNE EN Lê's / SCORING: PEGS AND LAYS
9.1
Die telling moet deur die kaptein/s geneem word nadat al die skeie gegooi en/of verbeur is.
Kapteins moet mekaar se tellings wedersyds bevestig.

VERTOLKING: Met die gooi van elke skei kan lê’s en/of penne bygetel of afgetrek word by die totale punte van ‘n span

Finalizing of the score is to be done by the captains after all skeys have been pitched or forfeited. Captains should both confirm each other’s scores.
INTERPRETATION: With the pitch of every skey, lays and/or pegs can be added or subtracted from the total score of a team.
9.2
Die puntetelling is egter onderworpe aan die volgende bepalings:

9.2.1 Indien die pen deur ‘n skei omgegooi word, tel dit drie punte vir die span wat gegooi het.
9.2.1.1 As die pen omval nadat die skei die speler se hand verlaat het, maar nog nie die sand geraak het nie, moet so ‘n skei aan die speler teruggegee word en moet die skeie wat derhalwe verskuif is, so na as moontlik aan hulle oorspronklike posisies teruggeplaas word.
9.2.1.2 Verder tel dit as ‘n “om” wanneer die pen omval as gevolg van die skudding wat die val van die skei in die betrokke sandput veroorsaak, of as gevolg van die opskiet van sand of enige ander voorwerp a.g.v. die val van die skei in die betrokke sandput.
Vertolking: As die pen omval a.g.v. ‘n stuk beton/hout wat deel is van die beton/hout bekisting (raamwerk) om die sandput, wat losspat nadat dit raak gegooi is, en dit tref die pen, dan tel dit nie as ‘n pen nie aangesien die raamwerk/speelarea nie deel is van die speelvlak nie.
9.2.1.3 ‘n Pen is om wanneer die punt uit die sand is of was.
9.2.2 Indien span A byvoorbeeld ses penne gooi en span B gooi ook ses penne, kanselleer die getal penne mekaar.
9.2.3 Word die pen getref maar val nie om nie omdat dit deur ‘n skei gestut word, moet die skeidsregter of kaptein die betrokke skei versigtig verwyder/wegskuif en indien die pen omval, tel dit drie punte vir die span wat gegooi het.
VERTOLKING: Met versigtig verwyder/wegskuif, word die volgende werkswyse voorgestel: Die skei wat aan die teenoorgestelde kant van die helling van die pen lê, moet eerste verwyder word. Daarna moet die skei wat onder die gekweste pen lê weggeskuif word.
9.2.3.1 In so ‘n geval moet die skei weer so na as moontlik aan sy oorspronklike posisie teruggeplaas word.
9.2.3.2 Geen sand mag gebruik word om ‘n skei te stut nie en indien ‘n skei wil rol, moet dit toegelaat word om te rol.
VERTOLKING: Dit kan selfs beteken dat ‘n skei of skeie weer geskuif moet word om die pen in die korrekte posisie te steek.
9.2.3.3 Met versigtig verwyder word bedoel dat die skei stadig verwyder sal word en dat daar ten alle tye gepoog sal word om die skei nie teen die pen of omliggende skeie te stamp nie.
9.2.4 Indien ‘n skei van span A deur ‘n skei van span B teen die pen gestoot word en die pen val om, tel dit drie punte vir span B, en andersom.
9.2.5 Dit is toelaatbaar om deur die gooi van jou skeie die opposisie se skeie te manipuleer.
9.2.6 Indien ‘n speler met die gooi van sy skei die pen tref, of as die pen as gevolg van die gooi van ‘n skei gekwes word, maar die pen bly in ‘n gekweste posisie staan, moet die pen in sy regop posisie herstel word voordat daar weer gegooi word.
9.2.7 Slegs die skeie wat binne ‘n radius van 460 mm van die pen lê, kom in aanmerking vir punte en tel een punt elk, onderworpe aan die volgende:
9.2.7.1 Slegs een span kan met ‘n gooibeurt punte met “lê’s” aanteken, d.w.s. net die skei/e van die span wat naaste aan die pen lê, tel.
9.2.7.2 Indien beide spanne se naaste skeie ewe ver van die pen lê, kanselleer die lê’s mekaar en is daar geen telling met lê’s nie.

The score is subject to the following stipulations:

9.2.1 When a pen is scored, three points are awarded to the team whose player has knocked the peg over.

9.2.1.1 If it falls over after the skey has left the players hand, and the skey has not yet touched the sand, such a skey is to be returned to the player and the skeys which were disturbed by such a skey are to be returned as closely as possible to their original positions.
9.2.1.2 Furthermore, a peg is scored if the peg falls over as a result of vibration caused by the skeys landing in the sandpit, or as a result of sand or any other object in the sandpit dislodging the peg.
Interpretation: If the peg is struck and falls over as a result of a piece of concrete or wood which forms part of the frame of the sandpit/playing area, no points would be awarded as the frame is not part of the sandpit/playing area.
9.2.1.3 A peg is considered scored when the tapered point is or was out of the sand.
9.2.2 If for example, team A scores six pegs and team B scores six pegs, the number of pegs cancel each other.
9.2.3 If the peg is struck, but does not fall over because it is supported by a skey, the umpire or captain can carefully move the skey away and if it falls over, it counts three points for the team who knocked the peg over.
INTERPRETATION: Carefully removing means: The skey on the opposite side to the slope of the peg must be removed first. Thereafter the skey that is underneath the struck peg may be moved.
9.2.3.1 In this instance the moved skey(s) have to be returned as accurately as possible to the original positions.
9.2.3.2 No sand may be used to support a skey and should it want to roll, it should be allowed to do so.
INTERPRETATION: This could imply that a skey or skey’s may need to be moved again in order to plant the peg in its correct position.
9.2.3.3 Carefully remove means that the skey is to be removed while care must be taken at all times to prevent the skey touching the peg or nearby skey’s.
9.2.4 If a skey of team A is knocked against the peg by a skey of team B and the peg falls over, it counts three points for team B and vice versa.
9.2.5 It is allowed to manipulate the opposition skey’s by pitching at them with your skey’s.
9.2.6 If a player while pitching a skey, strikes the peg, but the peg remains standing, or if the peg is no longer vertical after the pitching of a skey, the peg must be returned to its upright position before play resumes.
9.2.7 Only skey’s within a radius of 460mm from the peg, are taken into account for scoring purposes and count one point each, subject to the following conditions:
9.2.7.1 Only one team per round may score points with lays, that is, only the skey(s) of the team lying nearest to the peg, will count.
9.2.7.2 If the nearest skey of team A lies exactly the same distance from the peg as the nearest skey of team B, the skey’s cancel and neither team can score any points.

REËL / RULE 10 - GEBREEKTE SKEIE / BROKEN SKEY'S
10.1
Indien ‘n skei in die speel/gooi proses breek, word vir punte doeleindes, van die grootste gedeelte van die gebreekte skei af gemeet. Sou die kleinste deel ook in die sandput lê, moet dit verwyder word.
VERTOLKING: Met gebreek word bedoel letterlik in twee of meer stukke gebreek.
If a skey breaks during the course of play, the measurement is taken from the largest portion of the broken skey for scoring purposes. Should the smallest portion also remain in the sandpit, it must be removed.
INTERPRETATION: Broken implies literally into two or more pieces.
10.2
Indien die pen omval nadat dit getref word deur enige deel van die gebreekte skei, tel dit as om (sien reel 9.2.1).
A peg is scored if it is knocked over by any portion of a broken skey. (See rule 9.2.1)
10.3
Indien die handvatsel van ‘n skei tydens die gooi proses uittrek sodat dit langer is as wat neergelê is (sien S9), moet so ‘n skei aan die kopkant en sykant afgepen, verwyder, herstel tot binne maat en weer teruggeplaas word in die posisie waar die kop van die skei gelê het.
If the handle of a skey slips out during the pitching process so that the handle is now longer than the stipulated maximum length of a skey, the position of such a skey must be marked off at the head, the skey removed, corrected to within specified length and replaced in the position where the head of the
skey was.

REËL / RULE 11 - SKOFBEPALINGS / GAME DEFINITION
11.1
‘n Skof bestaan uit 23 punte en die span wat aan die einde van die gooibeurt 23 punte het, behaal die skof. Indien daar deur die gooi van ‘n skei meer as 23 punte behaal word en die telling nie deur die gooi van ‘n skei/e teruggebring kan word na 23 of minder nie, bars die betrokke span (Telling 0).
11.1.1 As twee spanne in dieselfde gooibeurt skof aanteken, kry elkeen ‘n halwe skof. Dit beteken egter nie dat sodra albei spanne in dieselfde gooibeurt skof het, daar opgehou gooi moet word nie. Die spanne moet hul orige skei/e klaar gooi, of indien hulle dit verkies om nie te gooi nie, hulle skei/e verbeur.
11.1.2 Om ‘n skei terug te hou beteken dat die speler sy gooibeurt onderbreek, deur sy tweede skei terug te hou totdat die skof gekanselleer is. ‘n Span wat skof het, hoef nie noodwendig te wag totdat sy skof gekanselleer is nie en het die reg om sy posisie te verstewig.
11.1.3 Span A se eerste speler gooi met sy eerste skei met ‘n pen skof. Sy tweede skei word nou teruggehou. Die skei, sodanig teruggehou, moet óf gegooi óf verbeur word, soos deur die kaptein verkies, voordat ‘n ander skei van dieselfde span gegooi of verbeur mag word.
11.1.4 Span B se eerste speler teken met sy eerste skei skof met ‘n lê aan sonder om span A se skof te kanselleer. Nou word hierdie speler se tweede skei ook teruggehou, net soos in die geval van span A.
11.1.5 Span A se eerste speler is nou verplig om sy tweede skei te gooi of om dit te verbeur, waarna span B se eerste speler sy tweede skei gooi of verbeur.
A set consists of 23 points and the team that achieves 23 points at the completion of the round, wins the set. If more than 23 points are achieved it may be corrected by pitching the rest of skey’s of the team. If at the end of the round a team has more than 23 points it will burst (Score 0).
11.1.1 If both teams score a set during the same round, each will be awarded half the set. This however does not mean that as soon as both teams have
scored a set during the same round, pitching stops. The teams should pitch their remaining skey’s or if they choose not to pitch, forfeit the skey’s.
11.1.2 To withhold a skey means that a player interrupts his turn by withholding his second skey until the set is cancelled by the opposition. A team achieving a set is not forced to withhold their skey’s, they are entitled to strengthen their set.
11.1.3 Team A’s first player pitches his first skey and scores exactly 23 points (a set) with a fallen peg. He withholds his second skey, the skey withheld must be pitched or forfeited, depending what the captain of the team decides, before another skey of the same team can be pitched or forfeited.
11.1.4 Team B’s first player pitches his first skey and also scores exactly 23 points (a set) with a lay cancelling team A’s set. Now he withholds his second skey as was done with the skey of team A.
11.1.5 Team A’s first player is now obliged to pitch his second skey or forfeit it, after which team B’s first player pitches or forfeits his second skey.
11.2
Die hele gooibeurt moet voltooi word, hetsy deur te gooi of skeie te verbeur. Eers nadat al die skeie gegooi en / of verbeur is en die twee spanne het nog albei skof, word die skof gedeel en kry elkeen ‘n halwe skof. (2,5 punte elk).
11.2.1 ‘n Skei word verbeur wanneer die kaptein van die span die opposisie kaptein meedeel dat sodanige skei verbeur word. Die kaptein is verplig om die bepaalde speler se naam te noem wie se skeie verbeur is. Wanneer sodanige besluit geneem is, is dit onherroeplik.
11.2.2 ‘n Beslissing van ‘n kaptein dat meer as een speler se skeie gelyktydig verbeur is, is ongeldig.
The entire round should be completed either by pitching skey’s or forfeiting them. Only after all skey’s have been pitched or forfeited and the two teams both still have set, will the set be shared and both teams will then gain a shared set. (2.5 points each)
11.2.1 A skey will be forfeited when the captain of the team declares that such a skey is forfeited. The captain is obliged to name the specific player whose skey’s are being forfeited. Once such a decision has been made, it is irrevocable.
11.2.2 A decision by the captain that the skey’s of more than one player at a time be forfeited is not valid.
11.3
Indien ‘n speler met sy eerste skei vir sy eie span sowel as vir die teenstanders skof gooi, mag hy sy tweede skei ook gooi, of hy mag eis dat die volgende speler van die teenstanders eers moet gooi voordat hy weer gooi, d.w.s. hy mag sy skei terughou.
11.3.1 Indien ‘n speler egter die skofte met sy tweede skei gooi, moet ‘n speler van die teenstanders eers gooi of sy skei(e) verbeur, voordat ‘n speler van die eerste span weer gooi.
If a player scores a set for his own team as well as the opposing team with his first skey, he may either pitch his second skey or he may demand that the next player of the opposing team pitches before he pitches again, that is, he will be allowed to withhold one skey.
11.3.1 Should a player however, score a set with his second skey, a player of the opposing team must first pitch or forfeit his skey’s, before a player of the first team pitches again.

Reël / RULE 12 - REëNBEPALINGS / RAIN REGULATIONS
12.1
Indien ‘n wedstryd weens reën nie gespeel kan word nie, het die beherende instansie die reg om te beslis of die wedstryd as gespeel beskou sal word of op ‘n latere stadium gespeel moet word.
VERTOLKING: Sou die aanvangsfluitjie geblaas word terwyl dit reën en spel is nie moontlik nie, moet ‘n reënfluitjie direk daarna geblaas word met ‘n aankondiging in die verband.
When rain prevents a match from being played, the controlling body has the right to decide whether the match should be considered as having been played or should be played at a later stage.
INTERPRETATION: When the whistle is sounded for play to commence and rain makes playing impossible, the rain whistle must be sounded immediately afterwards accompanied by an appropriate announcement.
12.2
Waar ‘n wedstryd weens reën gestaak word, word punte toegeken volgens reël 1.8.
Where rain stops a match in session, the points must be calculated according to Rule 1.8.
12.3
Wanneer ‘n reënfluitjie blaas, MOET spel onmiddellik staak en die telling van die laaste voltooide gooibeurt geneem word. Waar ‘n twispunt ontstaan mag ‘n skeidsregter ingeroep word.
Vertolking: Laaste voltooide gooibeurt beteken dat die telling geneem kon word of dat ooreenstemming m.b.t. die telling moontlik was, sonder enige bepaling/meting.
When the whistle is sounded for rain, play MUST stop immediately and the score from the previous completed round is taken. When a dispute arises an Umpire can be called.
Interpretation: Last completed round means that the score could be taken or that agreement with regard to the score was possible without any evaluation/ measurements.
12.4
‘n Reënfluitjie beëindig spel onmiddellik, selfs al het die eindfluitjie van ‘n wedstryd reeds geblaas. In sodanige geval word die telling van die laaste voltooide gooibeurt geneem.
A rain whistle stops play immediately though the final whistle of the match may have been sounded. In such a case the score from the previous completed round is taken.
12.5
Indien ‘n wedstryd weens reën gestaak is en weer binne die vasgestelde tyd hervat kan word, moet die skeidsregter in beheer/organiseerder die spelers waarsku met die blaas van ‘n fluitjie en ‘n aankondiging maak, dat die voortsettings fluitjie oor 3 minute sal blaas.
When a match is stopped due to rain and is restarted within the stipulated time, players must be warned by means of an announcement that the restart whistle will be sounded in three minutes by the Umpire in charge or the controlling body.
12.6
Indien ‘n wedstryd weens reën gestaak is en die voortsettingsfluitjie geblaas word en ‘n span sou nie vir die voltooiing van daardie betrokke wedstryd opdaag nie, word die wedstryd aan die span wat wel opdaag, toegeken.
VERTOLKING: Die oortredende span behaal GEEN punte nie. Skofte reeds behaal word nie in aanmerking geneem nie.
If a match is stopped because of rain and the restart whistle has sounded and a team doesn’t arrive for the completion of a match, the match is awarded to the team that is present.
INTERPRETATION: The infringing team doesn’t score any points. Games already achieved are not taken into consideration.
12.7
Indien nie een van die spanne opdaag na die voortsettings fluitjie geblaas het nie, behaal geen een van die spanne punte nie.
If both teams don’t arrive for the completion of a match, no team will score any points.
12.8
Die skeidsregter in beheer bepaal wanneer die reënfluitjie geblaas word.
VERTOLKING 1: Indien ‘n skeidsregter nie beskikbaar is nie, die beherende instansie.
VERTOLKING 2: Waar daar skeidsregters saam met die Hoofskeidsregter optree tydens enige kampioenskappe, is die Hoofskeidsregter die “Skeidsregter in beheer”. Die Hoofskeidsregter is in beheer van die reënfluitjie.
Waar daar meer as een skeidsregter (nie Hoofskeidsregter nie) tydens ‘n toernooi optree, moet daar beslis word wie die skeidsregter in beheer is. Hierdie skeidsregter is dan verantwoordelik vir die blaas van die reënfluitjie.
Waar daar geen skeidsregter aangewys is vir die betrokke toernooi nie, is die organiseerders/beherende instansie verantwoordelik vir die blaas van die reënfluitjie.
The umpire in charge determines the sounding of a rain whistle.
INTERPRETATION 1: If the umpire is not available, the controlling body is responsible.
INTERPRETATION 2: When umpires participate with the Chief Umpire during championships, the Chief Umpire is the “Umpire in Charge”.
Where more than one Umpire is appointed for a tournament (not the Chief Umpire) the umpires must decide amongst themselves who the Umpire in charge will be. This Umpire will be in charge of sounding the rain whistle.
Where no Umpire was appointed the organisers or the controlling body will sound the rain whistle.

REËL / RULE 13 - KAPTEIN / CAPTAIN
Die kaptein is verantwoordelik vir die behoorlike reëling van ‘n wedstryd, wat die volgende behels:
The captain is responsible for the correct managing of a match and his duties include the following:
13.1
Voor die aanvang, en gedurende die wedstryd, wedersyds toesien dat die penne waarmee gespeel gaan word, aan die vereistes voldoen (sien S13 tot S19).
Mutually inspecting the pegs that are being used before and during the match for compliance to the specifications (See S13 to S19).
13.2
Voor die aanvang, en gedurende die wedstryd, toesien dat beide dwarslyne aan die vereistes voldoen (sien S21 tot S25)
Ensuring before and during the match that both the strings comply to specifications (S21 to S25)
13.3
Bepaal watter span gooi eerste by die aanvang van 'n wedstryd.
Determines which team pitches first at the beginning of a match.
13.4
Dien sy span van raad en reël die gooibeurte van sy spelers.
Determines the pitching order of his players and serves his team with advice.
13.5
Bepaal die finale telling; deur
13.5.1 die dwarslyn, wat aan die vereistes voldoen, te span en die pen op sy korrekte posisie en diepte te steek so ver dit binne sy vermoë is,
13.5.2 die finale verskuiwing van skeie te doen om die pen korrek te kan steek vir so ver dit binne sy vermoë is,
13.5.3 die finale meting tussen die skeie te doen, doing the final measuring between skeys
VERTOLKING: Elke kaptein moet ten minste oor ‘n passer wat aan die spesifikasies (S20) voldoen beskik.
13.5.4 Die telling te bevestig aan die einde van elke gooibeurt met die opposisie kaptein,
13.5.5 As die twee kapteins wedersyds ooreengekom het oor die telling aan die einde van 'n gooibeurt, kan dit herroep word. Die fout moet egter tydens die volgende gooibeurt herstel word.
Determines the points scored; in other words
13.5.1 as far as possible within his ability draws the string, which complies with the specifications, and positions the peg correctly,
13.5.2 as far as possible within his ability performing the final moving of skeys to position the peg correctly,
13.5.3 INTERPRETATION: Each captain must have calipers which comply with specifications (S20).
13.5.4 Confirms the score at the end of each round with the opposing team’s captain.
13.5.5 Once both captains have agreed on the score at the end of a round, the score can be changed. However the mistake must be rectified during the next round.
13.6
Sien toe dat 'n gekweste pen getoets en in sy regop posisie herstel word.
Ensuring that a struck peg is checked and is restored to its correct upright position.
13.7
Mag al die lede van sy span aanwys om in die normale verloop van die spel behulpsaam te wees met die steek van die pen.
May request members of his team to assist in positioning the peg during the normal course of play.
13.8
Sien toe dat die spelers nie hulle menings uitspreek terwyl 'n skeidsregter optree nie.  
Ensuring that players do not voice their opinions while measuring is taking place by an umpire.
13.9
Is alleen verantwoordelik vir meting, behalwe in die geval waar 'n medespeler gevra word om behulpsaam te wees met die steek van die pen en meting.
Having sole responsibility for measuring except in the case where a fellow team member is asked to assist with the positioning of the peg and measurement.
13.10
Sien toe dat geen speler ‘n skei, nadat dit gegooi is, sonder toestemming optel of verwyder nie.
Ensuring that no player picks up or removes a skey without permission once it has been pitched.
13.10.1 Indien 'n oortreding begaan is, moet die skei/e so na as moontlik in hul oorspronklike posisie terug-geplaas word tot bevrediging van albei kapteins. Indien daar geen ooreenstemming bereik kan word nie, moet die skeidsregter ingeroep word.
13.10.1 When an infringement occurs the skey/s must be returned as closely as possible to its original position and to the satisfaction of both captains.
If no agreement can be reached, an umpire must be called in.
13.11
Sien toe dat niemand, behalwe ‘n gekwalifiseerde en geregisteerde afrigter, raad aan ‘n span gee tydens ‘n wedstryd. Indien ‘n oortreding begaan word, moet ‘n verteenwoordiger van die beherende instansie ingeroep word wat dissiplinêr kan optree.
Ensuring that nobody, except a qualified and registered coach, gives advice to a team during a match. In the event of an infringement, an official of the controlling body must be called in who can enforce the disciplinary code.
13.12
Sien toe dat niemand raad aan ‘n span gee tydens ‘n wedstryd nie. Indien ‘n oortreding begaan word, moet ‘n verteenwoordiger van die beherende instansie ingeroep word wat dissiplinêr kan optree.
VERTOLKING: Raadgee is wanneer advies gegee word wat tot gevolg kan hê dat die span se besluit beïnvloed word.
Ensuring that nobody gives advice to a team during a match. In the event of an infringement, an official of the controlling body must be called in who can enforce the disciplinary code.
INTERPRETATION: Advice is a comment that could influence a team’s decision.
13.13
Kapteins moet gesamentlik toesien dat die reëls nie oortree word nie.
Both captains must ensure that the rules aren’t infringed upon.
13.14
Slegs ’n kaptein van die betrokke spanne mag aanvra vir ’n skeidsregter.
Only the captain of the relevant teams may request an umpire to officiate.

REËL / RULE 14 - SKEIDSREGTER / UMPIRE
14.1
Skeidsregteroptredes
Slegs die aangewese skeidsregters wat kwalifiseer volgens die Reglement van die Skeidsregterskomitee (Reglement O van Jukskei SA), en bekragtig deur die:-
14.1.1 Unie, mag tydens wedstryde optree binne die Unie.
14.1.2 JSASK, mag tydens wedstryde optree op Interprovinsiale vlak.
14.1.3 Uitvoerende Bestuur van Jukskei SA, mag tydens wedstryde optree op Nasionalevlak
VERTOLKING: ‘n Skeidsregter mag enige toerusting gebruik wat genoodsaak word om ‘n regverdige beslissing te gee.
14.1.4 Skeidsregters vir Internasionalewedstryde word deur die IJF aangestel.
14.1.5 Die beslissings van die skeidsregters is finaal en bindend.
VERTOLKING: ‘n Skeidsregter mag enige toerusting gebruik wat genoodsaak word om ‘n regverdige beslissing te gee.
Umpire appearances
Only the designated umpires that qualify according to Regulations of the Umpires’ Committee (Regulations O of Jukskei SA), and ratified by the
14.1.1 Union, may officiate during Union matches.
14.1.2 JSAUC, may officiate during Inter-Provincial matches.
14.1.3 Executive Committee of Jukskei SA, may officiate during National matches.
INTERPRETATION: An Umpire may use any equipment necessary to obtain a just decision.
14.1.4 Umpires for International matches are appointed by the IJF.
14.1.5 A ruling by the Umpire is final and binding.
INTERPRETATION: An Umpire may use any equipment deemed necessary to deliver a just ruling.
14.2
‘n Skeidsregter kan vir ‘n spesifieke wedstryd aangewys word om die wedstryd in sy geheel te hanteer.
An umpire may officiate a specific match in its entirety.
14.3
‘n Skeidsregter kan vir ‘n spesifieke beslissing ingeroep word.
An umpire may be called in for a specific decision.
14.4
‘n Skeidsregter het die reg om kapteins van die twee betrokke spanne te versoek om hom met sy verpligtinge in die sandput behulpsaam te wees.
An umpire has the right to request the captains to assist him in carrying out his obligations in the sandpit.
14.5
‘n Skeidsregter wat aangewys is om op te tree, moet pro-aktief handel sou ’n oortreding van die volgende waargeneem word: Spelers wat oortrap of toeskouers of beamptes wat inmeng met die spel.
14.5.1 ‘n Skeidsregter wat nie aangestel is om diens te doen nie, moet enige oortreding van ‘n reël onder die aandag van die skeidsregter in beheer bring.
An umpire appointed for duty, must be proactive in his approach when infringements of the following rules are observed: Players stepping on or over the line and spectators or team managers interfering with the game.
14.5.1 A non-acting umpire must refer any infringement that comes to his attention to the umpire on duty.
14.6
Indien die skeidsregter vind dat die gegewens wat deur die twee spankapteine aan hom verstrek is, tot so ‘n mate teenstrydig is dat hy geen regverdige beslissing kan neem nie, mag hy van die ander spelende lede van die twee spanne inligting bekom, ten einde ‘n beslissing te kan neem. Sou ook hierdie bykomende inligting in so ‘n mate teenstrydig wees dat hy steeds nie ‘n regverdige beslissing kan gee nie, kan hy die gooibeurt nietig verklaar en opdrag
gee dat ‘n nuwe gooibeurt begin word.
Should the umpire find that the information given to him by the two captain’s conflicts to such an extent that he is unable to make a correct ruling, he may obtain additional information from the players of the two teams, so as to reach a decision. Should the additional information still not clarify the situation and he is thus still unable to make a correct ruling, he may nullify the round and instruct that the round be replayed.
14.7
Die skeidsregter in beheer kan ‘n fluitjie (soortgelyk aan ‘n reënfluitjie) blaas in enige situasie wat die wedstryde kan staak om spelers en/of hulle eiendom se veiligheid te verseker of te beskerm.
An umpire may sound the whistle (Similar to the rain regulation) in any situation to end a game to ensure the safety of or to protect players and / or their property.


REËL / RULE 15 - AFRIGTER / COACH
15.1
Die geregistreerde en geïdentifiseerde Afrigter van die span is verantwoordelik vir die afrigting van spelers en bedien advies met taktiese besluite.
The registered and identified Coach of a team is responsible for the coaching of the players and serves team with advice for tactical decisions.
15.2
Die geregistreerde Afrigter mag nie in die sandput beweeg of enige deelname met die steek van penne en meet van skeie hê nie.
The registered Coach may not enter the sand pit or partake in the planting of pegs or measuring of skeys.
15.3
Die Afrigter moet toesien dat sy spelers nie oortrap nie.
The Coach must ensure that the players do not infringe on the pitching line.
15.4
Die Afrigter moet in samewerking met die kaptein toesien dat die reëls nie oortree word nie.
The Coach must, with the aid of the Captain, ensure that the rules of play are not violated

 
Back to content | Back to main menu