|
NUUS VAN DIE YANKSKEY TOERGROEP!
Uiteindelik het die langverwagte dag aangebreek! Die eerste 6 lede van die toergroep, Anna en Lindie, Barn en Annetjie, Tjaart en Sanet, het reeds om 6.00, 23 Julie op Dulles, Washington DC, geland, en is baie vriendelik deur Celia Lourens en haar ma, Doortjie, ontvang en na ‘n gerieflike hotel in Baltimore geneem. Later die middag moes hulle weer die 40myl van Baltimore terug Washington toe ry om die 2de groep, Gerrie en Melanie, Thomas en Patrys, Bets, Tinus en Willie, by die lughawe te gaan haal. Die aand is die hele groep deur Celia en haar man, Dirk, op ‘n heerlike braaivleis onthaal.
Celia is ‘n dinamiese ’live wire’ wat alle reëlings hier in Baltimore en Washington DC vir die groep gedoen het. Sy het ons program aan ons verduidelik en elke toerlid het sy/haar reissak met t-hemp, pette, kaart, skryfgoed en lekker goodies daarin, ontvang. Dis met groot waardering dat ons op haar hulp en gasvryheid hier in die vreemde kan staatmaak.
Springhill Suites (ons Hotel)
|