|
|
THE BACKGROUND AND DEVELOPMENT OF JUKSKEI |
|
|
|
|
JUKSKEI is a sport played in the Southern parts of Africa and originated in South Africa almost 300 years ago. It originated as a pass-time for people travelling in the bare country with ox wagon. The Dragoons, to while away long idle hours, threw yoke-skeys and wooden stumps to an object in the ground in 1743. The transport drivers from the Cape also played at the larger halting places, which led to the development of this Indigenous and organized sport.
|
|
Lees meer...
|
|
|
Prioriteite van Jukskei SA |
1. Om administrateurs, afrigters en skeidsregters op te lei om gesonde bestuur en ontwikkeling op strategiese sowel as operasionele vlak te verseker.
2. Om die sport Jukskei te ontwikkel deur dit bloot te stel aan alle Suid Afrikaners en talent te identifiseer vir versnelling in liga, unie, streek en nasionale deelname met inagneming van regeringsprioriteite.
3. Om geleenthede te skep op bestuurs- en deelnamevlak vir vroue, voorheen benadeelde individue en gestremde persone.
4. Om geleenthede en fasiliteite as vertoonvensters vir ons sport te bestuur en toeganklikheid te verseker.
5. Om finansieel selfhandhawend te wees.
6. Om internasionale deelname te bewerkstellig en die voorste Jukskei-spelende land te bly. |
|
MISSIE VAN JUKSKEI SUID-AFRIKA |
|
Om die sport Jukskei te vestig deur beeldbou, afrigting, opleiding en ontwikkeling. |
|
VISIE VAN JUKSKEI SUID-AFRIKA |
|
Om die spel Jukskei toeganklik vir almal te maak. |
|
'n Kort oorsig van Jukskei |
Die werklike “Begin” van Jukskei, volgens oorlewering, kan teruggevoer word na ongeveer 1734, toe Goewerneur Jan de la Fontaine die Fort de Rietvallei aan die Buffeljagtsrivier, gestig het. Hier het die Dragonders met juk-skeie en hout stompe na ‘n voorwerp in die grond gegooi - ‘n speletjie om ledige ure te vul.
‘n Ander faset in die ontstaan en wat tot die uitbou van die spel gelei het, was die transportryers van veral die Kaap wat by die groot uitspan plekke gespeel het en dit dus tot georganiseerde spel ontwikkel het.
Jukskei brei verder uit vanweë beoefening op die Kaapse strande deur veral die Bolandse boere. Jukskei bly slegs ‘n tydverdryf tot op 4 November 1939, toe ‘n uitdaag wedstryd op die plaas Keerweder in die distrik Klein-Drakenstein plaasvind tussen Keerweder en die manne van KWV. Hierdie wedstryd lei tot die organisering van Jukskei. Vergaderings word gehou, reëls saamgestel, Jukskei-unies gestig ... Jukskei is georganiseer !!
Op 25 Oktober 1940 word die Suid-Afrikaanse Jukskei Raad (nou Jukskei SA) gestig, wat Jukskei landwyd reël en beheer. |
|
|
|
|
|