Banier

Jukskei SA se Tuiste

Jukskei SA se Tuiste

Nuus Flits / News Flash

Tuisblad / Home <..> Nuusbriewe / Newsletters <..> Omsendskrywes / Circulars <..> Meesters Omsendbrief 1.2010.2011
Meesters Omsendbrief 1.2010.2011 PDF Afdruk E-pos
Briefhoof

S.A. MEESTERS JUKSKEIVERENIGING

OMSENDBRIEF 1/2010.2011


23 Julie 2010


Aan: Direkteur Administrasie van Unies

Sekretaris van Namibië Jukskeiraad

Direkteur Deelname Jukskei SA

Direksie Jukskei SA

Lewenslange Erelede Jukskei SA


18de SA MEESTERS  JUKSKEI TOERNOOI

Die volgende inligting word aan u deurgegee en waar van toepassing moet u asseblief voor die bepaalde sperdatums reageer.


1. DATUM VAN TOERNOOI:


Saterdag, 27 September 2010 tot Donderdag, 30 September 2010.


2. FORMAAT:


Die Pruimpie Botha Trips word weer soos  verlede jaar gespeel.  Daar is weer ‘n A en B afdeling, asook ‘n Junior afdeling, as daar belangstelling is.  Spanne kan gemeng wees (Mans, veterane, vroue of juniors).  Die toernooi is oop vir enige persoon wat wil deelneem.  U speel in u eie kleure, ens.  Die inskrywings beloop : R100 per span.  Inskrywings sluit 20 September 2010, sodat die nodige speelroosters opgestel kan word.   Verdere besonderhede sal met die volgende omsendskrywe aan u deurgegee word.  Ons vra Unies om hierdie toernooi onder die spelers bekend te maak.  Daar is vanjaar kontant pryse vir die eerste tien spanne, waarvan die wenners R1050,00, kan wen !  Pryse sal soos in

die verlede bestaan uit kontant en/of geskenke wat verkry kan word.


Inskrywings geskied by die volgende:


Boetie Pienaar

Faks: 053 861 1486

Sel : 083 411 7444

E pos :  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


Inskrywings gelde is betaalbaar die oggend van die toernooi.


3. FINANSIES:

3.1 Deelname / Deelnemersfooi: SA Meesters


Spaninskrywings tesame met die R130-00 deelnemersfooi per span moet ons nie later as13 September 2010 bereik nie ten einde die speelrooster te kan finaliseer. Daar word in die volgende afdelings ingeskryf: Mans A, B en C afdelings en vroue A en B afdelings.


Registrasievorm is aangeheg en moet op Sondag, 26 September 2010 om 16h00 op die stoep ingehandig word sodat die nodige verifkasie gedoen kan word


NB: Alle spelers / beamptes moet vooraf by Jukskei SA geregistreer wees, en sal geen registrasies op die toernooi gedoen kan word nie.

3.2 Finansiële verpligtinge betaalbaar voor of op 13 September 2010

Spaninskrywings R130 per span

Noodhulp  R70 per Unie (eenmalige bydrae)

Sekuriteit  R60 per Unie (eenmalige bydrae)


NB: Alle gelde moet gedeponeer word in die ondergenoemde rekening nl:


“JUKSKEI SA, ABSA Bank, Rekening no: 950 152 648” Verw. Unie – SA Meesters


NB: Deposito strokies tesame met die voltooide inskrywingsvorm moet asseblief dadelik gefaks word aan Sekretaris by (053) 861 1486.


3.3 Noodhulp


• ‘n Gekwalifiseerde Noodhulpbeampte (verpleegsuster) sal tydens die Jukskei-toernooi die volledige noodhulpkamer beman.

• Deelnemers en toeskouers met spesifieke mediese behoeftes, moet hulle eie medikasie voorsien, maar kan deur die noodhulpbeampte toegedien word.

• Ernstige gevalle sal deur die noodhulpbeampte na die dokter verwys word,wat vir die persoon se eie rekening sal wees. ( Naam en nommer van Mediese Fondse van persone, sowel as identiteitsdokument, sal vir hierdie doel benodig word.


3.4 Parkering

Privaat aansoek vir parkering op Jukskeipark vanaf 27 September – 30 September 2010 moet gedoen word by Jukskeipark. Telefoniese navrae by kantoor te Jukskeipark, tel 056 - 215105


Parkering vir die Trips op Saterdag, 27 September 2010, sal gratis wees.


3.5 Baanfooie


R12,00 per persoon per dag vir alle deelnemers sowel as beamptes., word op Kroonstad by Jukskeipark inbetaal.


3.6 Boodskappe

Faks fasiliteite vir die ontvang van boodskappe is beskikbaar teen R2,00 per boodskap.


3.7 Fotos


Die Vereniging betaal slegs vir een foto per speler vir ondergenoemde spanne nl.:

• SA Meesterspanne, Voorsitterspanne, Uitnodigingspanne en Namibië.

Indien persone of unies foto’s wil hê, moet hy/sy of unie dit self reel en kontant betaal tydens die toernooi’ aan die fotograaf.  Geen gelde vir fotos word dire vereniging ingevorder nie.


4. OUDERDOM


Mans 50 jaar en ouer.

Vrouens 45 jaar en ouer.


NB: Spelers wat vir die eerste keer deelneem of wat nog nie voorheen die nodige ID dokumente ingehandig het nie, moet hul ID dokument of fotoafdrukke daarvan saambring.

Indien u tydens die toernooi die nodige ouderdom bereik kan u aan die toernooi deelneem.


Indien u kwalifiseer om tydens die 2011 SA Kampioenskappe aan die veterane kompetisie deel te neem, mag u ook aan die 2010 toernooi deel neem. (Jaarvergadering besluit – 2008)


NB: ID dokument moet getoon word om ouderdom te bevestig.


5. AKKOMMODASIE


JUKSKEIPARK


Ons doen ‘n beroep op alle Unies om sover moontlik van die akkommodasie op Jukskeipark gebruik te maak.  Die hoofdoel van die verskuiwing van die SA Meesters Jukskeitoernooi na Kroonstad was om Jukskeipark finansieël te ondersteun.


Tariewe is as volg:


● Chalets: R65,00 per persoon per nag .

‘n Minimum bedrag van R420,00 per chalet per nag is betaalbaar tydens jukskeitoernooie (as daar minder as 8 persone per chalet per nag tuisgaan.) (Beddegoed uitgesluit)


● Kamers: R50,00 per persoon per nag.

‘n Minimum bedrag van R180,00 per kamer per nag is betaalbaar tydens jukskeitoernooie (as daar minder as 4 persone per kamer tuisgaan). (Beddegoed uitgesluit)


● Beddegoed: Eenmalige bedrag van R20,00 betaalbaar.


5.1 Unies wat VERBLYFKONTRAKTE op Jukskeipark het moet asseblief voor 31 Augustus 2010 Jukskeipark in kennis stel of hul van al hul akkommodasie gebruik gaan maak.


5.2 Unies wat nie Verblyfkontrakte op Jukskeipark het nie kan hul name op ‘n waglys plaas by Jukskeipark en hul sal vroeg in September 2010 verwittig word of hul aansoek suksesvol was.


5.3 Hiermee ‘n vriendelike versoek aan alle Unies om alle beddens per chalet ten volle te benut sodat meer persone te Jukskeipark gehuisves kan word.


5.4 11 Karavaan staanplekke is beskikbaar op Jukskeipark.


AKKOMMODASIE MOET ASSEBLIEF BY JUKSKEIPARK BESPREEK WORD – TELEFOON (056) 2151505.


KOSHUISE, KROONPARK EN ANDER VERBLYF


5.5 Akkommodasie by koshuise /Kroonpark / ander verblyf moet direk by die onderskeie instansies bespreek word.  Telefoonnommers is as volg:

5.6

▪ Opsaalkoshuis ( loop afstand na bane) Tel (056) 2125491

▪ Karavaan staanplekke en chalets moet direk by Kroonpark bespreek word.

Tel (056) 2131942


6. VERVERSINGS


Kroegfasiliteite sal beskikbaar wees op Jukskeipark.

• Restaurant

• Verversings sal by die Restaurant op Jukskeipark te koop wees.

• Ander verversings soos koeldrank, melk ens. sal by die kiosk te koop aangebied word.


7. LANDSVLAG / UNIEVLAG


Onthou asseblief u onderskeie unievlae / landsvlae waar van toepassing moet saamgebring word.


8. PROGRAM VIR DIE WEEK

8.1 Saterdag, 25 September 2010 – Opening van Trips 8h00. Inskrywings finaliseer vanaf 6h00 op die stoep.


8.2 Kerkdiens op die bane – Sondag aand 18h00.


8.3 Maandag 27 September 2010


8.3.1 Opening om 08h00.


8.3.2 Aanvang van toernooi om 09h00. Inligting insake wedstryde sal met die volgende omsendsksrywe aan u deurgegee word sowel as die program vir die res van die week.


▪ Opsaalkoshuis ( loop afstand na bane) Tel (056) 2125491

▪ Karavaan staanplekke en chalets moet direk by Kroonpark bespreek word.

Tel (056) 2131942


9. SKAKELBEAMPTES

Boetie Pienaar

Posbus 110366

HADISONPARK

8306    8306

Tel/Faks: (053) 8611486

Faks: (053) 8611486

Sel : 083 411 7444

e-pos:  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


Anne-Lise Vermeulen
Posbus 110366
HADISONPARK
Tel : (053) 8615675
Sel: 084 978 4245

Toernooi Direkteur
Martin Nel
Tel: (011) 6981474
Sel: 082 449 2381
e-pos:  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


10. ALGEMEEN:


Indien daar enige navrae of onsekerheid mag wees, skakel asseblief dadelik met die toernooidirekteur of skakelbeamptes.


Sterkte met u voorbereiding en sien ons daarna uit om u te Kroonstad te ontvang.



ANNE-LISE VERMEULEN

SEKRETARIS: SA MEESTERS VERENIGING


REINETTE VAN DEN BERG

DIREKTEUR ADMINISTRASIE: JSA

 

Sandput Subskripsie / Subscription


Vul jou naam en e-pos adres in en kliek op "Subscribe" om te registreer vir Jukskei SA se eie nuusbrief, Sandput.

Enter your name and e-mail address and click on "Subscribe" to register for Jukskei SA's own news letter, Sandput.
 
Joomla 1.5 Templates by Joomlashack