|
Korp Komm Omsendbrief 1.2010.2011 |
|
|
|
 |
23 Julie 2010
Korporatiewe Kommunikasie Omsendbrief No.1/2010/2011 |
| Aan alle: |
|
Lede van die Uitvoerende Bestuur Sekretarisse van Raadskomitees Direkteur Administrasie van Unies Lewenslange Erelede Jukskeipark |
| 1. |
Lief en leed
Chum Coertze sterk aan in die intensiewe sorgeenheid in die Uniehospitaal, Alberton, na 'n onlangse kaping. Hy het al 3 operasies ondergaan maar dit gaan volgens sy vrou, Bets, elke dag 'n bietjie beter. Sy bedank ook almal vir al die oproepe, belangstelling en gebede.
|
| 2. |
Presidentsraad
Die Presidentsraadvergadering asook die Algemene Jaarvergadering van Jukskei het verlede naweek plaasgevind met groot sukses as daar na die terugvoere geluister word.
Die Direksie van Jukskei SA wil al die afgevaardigers van die Unies en Streke asook al die komiteelede van die onderskeie portefeuljes bedank vir die sinvolle bydrae wat gelewer is.
Die aanbiedings en terugvoerings deur die onderskeie Presidente was eerlike terugvoering. Daar was aanbiedings deur die onderskeie Direkteure tov van die 7 strategieë wat prioriteit gaan geniet die volgende 5 jaar. Daar was groepsessies gewees met terugvoering. Daar was gepraat en geluister en geredeneer – alles vir die voortbestaan van jukskei.
Die Algemene Jaarvergadering het vele besprekings uitgelok en is jukskei vooropgestel in al die besluite wat geneem was.
Weer eens dankie aan elkeen, hetsy as afgevaardige of besoeker, wat die naweek bygewoon het. Dit was beslis die moeite werd en het ons mekaar ook met hierdie geleentheid beter leer ken.
Ek wens u almal 'n geseënde seisoen toe wat vir ons wink. Mag al die drome wat ons die naweek met oopoë gedroom het sommer vinnig realiseer.
Nogmaals dankie vir u ondersteuning.
Jukskeigroete |
DALEEN ROOS DIREKTEUR: KORPORATIEWE KOMMUNIKASIE |
REINETTE VAN DEN BERG DIREKTEUR: ADMINISTRASIE |
|