|
NUUS VAN DIE YANKSKEY TOERGROEP!
Uiteindelik het die langverwagte dag aangebreek! Die eerste 6 lede van die toergroep, Anna en Lindie, Barn en Annetjie, Tjaart en Sanet, het reeds om 6.00, 23 Julie op Dulles, Washington DC, geland, en is baie vriendelik deur Celia Lourens en haar ma, Doortjie, ontvang en na ‘n gerieflike hotel in Baltimore geneem. Later die middag moes hulle weer die 40myl van Baltimore terug Washington toe ry om die 2de groep, Gerrie en Melanie, Thomas en Patrys, Bets, Tinus en Willie, by die lughawe te gaan haal. Die aand is die hele groep deur Celia en haar man, Dirk, op ‘n heerlike braaivleis onthaal.
Celia is ‘n dinamiese ’live wire’ wat alle reëlings hier in Baltimore en Washington DC vir die groep gedoen het. Sy het ons program aan ons verduidelik en elke toerlid het sy/haar reissak met t-hemp, pette, kaart, skryfgoed en lekker goodies daarin, ontvang. Dis met groot waardering dat ons op haar hulp en gasvryheid hier in die vreemde kan staatmaak.
Springhill Suites (ons Hotel)
Ons is reeds die vorige aand gewaarsku dat ons program die volgende paar dae nie vir sissies gaan wees nie. Saterdag, 24 Julie, het ons ‘n heerlike ontbyt by die hotel genuttig en toe het ‘n lugverkoelde shuttle ons kom haal en Washington DC toe geneem. Daar het ons werklik besef hoe belangrik lugverkoelde vervoer en geboue is. Ek dink selfs Martin van Musina sou warm kry. DIT WAS 46*C! Boonop is die humiditeit so hoog hier dat ‘n mens voel jy is in Margate op ‘n baie warm dag! Ons was die meeste van die hierdie warm dag buite in die son. Die inwoners erken darem dat ‘n hittegolf die stad getref het!
Annatjie, Tinus, Anna en Thomas – rus voete, rus!!!
We passed many significant buildings on our way to Washington and were dropped near Capitol Hill, the symbolic centre of Washington DC.
Capitol Hill (Thomas, Annatjie, Bets, Patrys)
From there we walked to the Washington Monument which was built in honour of George Washington. It is shaped like an Egyptian obelisk and at almost 170m, it constitutes the highest structure in Washington. It was finished on December 6, 1884. No other building in Washington is allowed to be higher than this monument.

The underground METRO transport was an experience new to many of us. Anna and Patrys made it look so easy! (After recruiting assistance of locals in purchasing tickets)
Ons probeer die kaartjies koop…eish!
Stasie en Treinspoor
Na ‘n ligte middagete het die groep die Smithsonian Museum of Air and Space besoek. Daar het ‘n begeesterde ‘Oom’ Jim Fulton die geskiedenis van vliegtuie en ander ruimtetuie aan die omstanders verduidelik. Jim het 32 jaar lank by NASA gewerk voor hy sy dienste gratis by die museum aangebied het. Hy deel die verhaal van die lug met ‘n passie aan enigeen wat wil luister. (Met al die inligting wat daar in die Jukskei Museum is, kan die bestuur by Jukskeipark dalk ‘n soortgelyke pos skep! Enige een wat belangstel in so ‘n pos, kan gerus sy/haar dienste aanbied)
Na ‘n vroeë ete by ‘n restaurant is die dag is afgesluit met ‘n besoek aan ‘n groot binneshuise stadion waar die meisies van die ‘Washington Mystics’ teen die ‘Indiana Fever’ span basketbal gespeel het. Dit was ‘n belewenis! Die toeskouers gaan erger tekere as by ‘n Bulle en WP wedstryd. Ons groep het self gejil, geskree en ons SA serpies gewaai, maar ons kon net nie die kamera op ons gefokus kry nie. Miskien moes ons Vuvuzela’s gehad het.

Na ‘n baie lang, maar suksesvolle dag, is ons per shuttle terug hotel toe. Alhoewel ons pootuit was, was die terugvoering van elketoerlid positief.
Sunday the group enjoyed the free vouchers given to us by Celia to visit the interesting aquarium in Baltimore.
Thomas en sy “troetel” haai!
Lunchtime was another unforgettable experience. As we walked into DICK’S we realised things are done differently in that place. Rachel, our waitress, welcomed us by saying: “in this place we do the talking, nobody talks back and we are very sarcastic!” We of course booed her to a stop. After most of us ordered a “large ass of a glass beer” Rachel fastened a bib round each one’s neck. She brought each one a paper hat with something original written on it. Bella was “Playmate of the year – 1920” (See some of the photographs) Before Rachel brought the food, she literally dumped 11 knives and forks in the middle on the table. She then used a tool which looked like a pump which was loaded with paper serviettes. By pumping this tool and using pressure, she then ‘blew’ the serviettes over the table! At another table a similar tool was shooting out toilet paper so that it looked like streamers! This unconventional way of running a restaurant really interested and amused us, and it was one of the many unforgettable experiences so far.

A storm was brewing over Baltimore and we were picked up by Tjaart to go to Celia’s place for dinner. (Tjaart drives on the lefthand side of the road as if he has been doing it all his life!) There we had the privilege of meeting some of Dirk and Celia’s friends.
By die gewone laaste bymekaarkoms van die dag in Gerrie en Melanie se kamer, was almal dit eens dat dit ‘n heerlike en ‘eventful’ dag was.
Soos ons in plein Afrikaans sal sê: “WATCH THIS SPACE FOR MORE NEWS!”
YANKSKEY GROETE,
ANNETJIE
|