JUKSKEI SA Website

Go to content

Main menu

Media Release / Pers Vrystelling

Hiermee verklaar Jukskei SA dat hy hom onvoorwaardelik en met alle bevoegdheid aan hom toevertrou, distansieer van die beweerde verkragting en aanranding deur die sogenaamde Jukskei-bekende en sy eggenote waaroor tans in die media berig word.

Jukskei SA is onder geen omstandighede ‘n voorstander van enige geweld van watter aard ook al of teen wie en wat ook al nie.  Die beweerde bogenoemde gedrag word ten sterkste en met minagting verwerp en Jukskei SA sal nooit enige voorkoms daarvan, selfs in geringe mate, goedkeur of aanmoedig nie.


PRESS RELEASE 01 FEB 2012

To: JSA  Board Members
Director Administration of Unions
Secretaries of committees
Honorly Members
SASCOC
SRSA

PRESS RELEASE
For the past two years Jukskei South Africa has been collaborating with the South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC) as well as the Department of Sports and Recreation South Africa (SRSA) developing a sports model specific for Jukskei in South Africa called JSA Long Term Participant Development (LTPD).  This model was developed collectively by sports scientists, players, administrators, officials and Jukskei coaches at various levels in an effort to address the short comings in the way we manage and deliver Jukskei in this country.  Thanks to the support received from SASCOC, Jukskei SA was privileged to be in the second wave of the national federations in South Africa to work with the world’s leading expert on LTPD and athlete development, Prof Istvan Balyi, Coaching educator, author and presenter at more than 400 conferences internationally on LTPD and coaching.  Jukskei SA is proud to have performed the research and is now in the development phase of the Jukskei SA LTPD model and will soon be able to launch this important document that will influence players, coaches, officials, leaders and administrators.  The Jukskei SA LTPD final document will officially be handed over to SASCOC in April 2012. Officials from SASCOC, JSA President Mr Tinus Barnard, and JSA LTPD Project leader, Dr Melanie Jacobs will sign the approval and acceptance of the document.
For many years Jukskei has experienced a decline in entry level numbers and entries at national championships.  The jukskei playing population has witnessed a dramatic decline over the past 30 years, from being one of the preferred sport activities in the country (30 000 participants in 1981), to the current situation, where we are less than 3000 participant.  With so much tradition in this sport, it’s been a classic case of “doing the same thing again and again, expecting different results” (Einstein). Jukskei clubs in South Africa are struggling to survive and are unable to find the resources necessary for important transformation and development initiatives that could boost this amazing, multi-dimensional sport.
Jukskei is one of the oldest and also an indigenous sports in South Africa, with some clubs older than 70 years.  The sport is now being introduced at an international level and offers many opportunities for playing, team building and educational purposes. Jukskei serves as a fantastic recreational activity offering families a healthy outdoor lifestyle in one of the most Jukskei friendly and outdoor appealing countries in the world.  Children as young as 7 years old and adults over 70 are able to participate in this sport at various levels, from novice to high performance, from pairs to teams, from social to competitive.  It appeals equally to women and men, whether athletically adept or disabled through the Jukskei SA LTPD, Jukskei SA aims to change the way it “does business” in order to address three key strategies, namely to GROW the sport at every level, to SUSTAIN by retaining participants as active for life, and finally to EXEL by adopting development age appropriate training programmes and competition categories that will ultimate produce international competitors in precision throwing.
The Official Launch of Jukskei SA LTPD to its members takes place on the 31st of March at the SA Senior Championships taking place in Kroonstad, Free State.  This event usually attracts over 600 participants from around the country and abroad.  At this launch players, coaches, and officials will have access to the introductory brochures and the posters on LTPD that will be distributed to all 60 Jukskei clubs and 1200 schools in this country. In March/ April 2012, Jukskei SA will host an LTPD Symposium where the details of LTPD will be discussed in depth and each interested group will have the opportunity to explore how, when and why they will adopt LTPD at every level, from club to national championships.  Jukskei SA LTPD will effectively have the input from every vested beneficiary and stakeholder in this country, from grassroots to government, and it is the aim of JSA to officially implement the much needed changes as soon as next season (July 2012 onwards).  This sports model will have an impact on club structures, club development, facilities, transformation policies, coaching systems, training programmes, inclusion in school sports, competition reviews, selection criteria for development and high performance squads, administration and marketing of Jukskei, and of course leadership and management in all aspects of Jukskei in this country.  Jukskei SA looks forward to the day when we can boast that every school learner has been introduced to Jukskei and that the best are performing at their best.


(Electr signed) / (Electr signed) / (Electr signed)
DALEEN ROOS / MELANIE JACOBS / BUKS VAN DEN BERG
DIRECTOR ADMINISTRATION / JSA DIRECTOR COACHING / JSA DIRECTOR CORP COMS  JSA


Overview
JUKSKEI DROPBOX

Besoek gerus ons Dropbox vir nuttige aflaaibare inligting.
Please visit our Dropbox for current downloadable Jukskei details.

Druk hier - Press here


TOERUSTING/ EQUIPMENT

Jukskei Toerusting beskikbaar by Jukskeipark Kroonstad
Jukskei Equipment available from Jukskeipark Kroonstad
Tel 056 215 1505
Faks 056 215 1118
E-pos / E Mail admin.@juksskeipark.za.net


Kontak Ons Contact Us






PERS VRYSTELLING 2012

Aan: Lede van JSA se Direksie
Direkteure Administrasie van Unies
Sekretarisse van Raadskomitees
Lewenslange Erelede
SASCOC
SRSA

PERS VRYSTELLING
Vir die afgelope twee jaar het Jukskei Suid Afrika (JSA) in samewerking met the South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC) en die Department van Sport en Rekreasie SA (SRSA), gewerk aan die ontwikkeling van ‘n sport model, spesifiek vir Jukskei in SA, bekend as die JSA Long Term Participant Development (LTPD).  Hierdie model is ontwikkel met die belangrike bydrae van sport wetenskaplikes, deelnemers, administrateurs, beamptes en Jukskei afrigters op verskillende vlakke in ‘n poging om die tekortkominge te bowe te kom om ons sport Jukskei te bestuur en te beoefen in die land.  Dankie aan die ondersteuning wat ontvang is van SASCOC, Jukskei SA is bevoorreg om deel te wees van die tweede golf van nasionale federasies in Suid Afrika om met die wêreld kenner van LTPD en atleet ontwikkeling, Prof Istvan Balyi, afrigting opleiers, outeur en aanbieder van meer as 400 internasionale konferensies oor LTPD en afrigting.  Jukskei SA is trots dat ons reeds navorsing kon doen en is nou in die finale fases van die ontwikkeling van die Jukskei SA LTPD model.  Ons gaan nou hierdie belangrike dokument kan vrystel wat spelers, afrigters, beamptes, leiers en administrateurs gaan beïnvloed.  Die Jukskei SA LTPD finale dokument sal amptelik aan SASCOC oorhandig word in April 2012.  Ampsdraers van SASCOC, die JSA President Mnr. Tinus Barnard, en JSA LTPD Projek leier, Dr Melanie Jacobs, sal saam die goedkeuring en aanvaarding van die dokument onderteken.
Vir baie jare het Jukskei ‘n afname in aantal intreevlak deelnemers en deelname aan nasionale kampioenskappe ervaar.  Van die jukskei-spelende populasie het ons ‘n dramatiese afname in die laaste 30 jaar waargeneem, waar Jukskei ‘n voorkeur aktiwiteit vir baie sportpersone in die land was (met 30 000 deelnemers in 1981), tot die huidige situasie, waar ons minder as 3000 deelnemers het.  Met soveel tradisie in die sport, is dit die klassieke gesegde van Einstein naamlik “doing the same thing again and again, expecting different results”.  Jukskei klubs in Suid Afrika het ‘n stryd om oorlewing en dit is moeilik om hulpbronne te vind wat noodsaaklik is vir die belangrike transformasie en ontwikkelings inisiatiewe wat hierdie wonderlike en multi-dimensionele sport benodig.
Jukskei is een van die oudste en ook ‘n eg-inheemse sportkode in Suid Afrika, met sommige klubs wat ouer as 70 jaar oud is.  Die sport word nou internasionaal bekend gestel en bied nou heelwat verskeidenheid deelname, spanbou en opvoedkundige geleenthede.  Jukskei is ‘n fantastiese rekreasie aktiwiteit wat aan gesinne en families geleentheid te bied om buitemuurs aan gesonde leefstyl aksies deel te neem.  Jukskei is werklik ‘n sport vir almal.  Kinders jonger as 7 jaar en volwassenes ouer as 70 kan deelneem aan die sport op verskillende vlakke, van beginner to hoë prestasie, van pare tot spanne, van sosiaal tot kompetisie.  Die sport bied gelyke geleenthede aan vroue en mans, met goeie atletiese vermoë of gestremdhede en daarom beoog Jukskei SA om deur die LTPD, steeds die doel na te strewe om die wyse van “besigheid doen” te verander.  Die drie belangrike sleutel strategieë wat aangespreek word is, om die sport te GROEI op elke vlak, om die deelnemers wat blootgestel is en reeds speel te BEHOU so lank as wat aktiewe leefstyl moontlik is, en om TE VORDER deur die aanpassing van ontwikkelings ouderdom belyning met die oefenprogramme en deelname kategorieë wat uiteindelik internasionale deelnemers aan presisie gooi-sport sal lewer.
Die amptelike bekendstelling van die Jukskei SA LTPD aan lede vind plaas op die 31e Maart tydens die SA Senior Kampioenskappe wat plaasvind in Kroonstad, Vrystaat.  Hierdie geleentheid is ‘n byeenkoms van sowat 600 deelnemers van reg oor die land en oor die grense van SA.  Tydens die bekendstelling aan deelnemers, afrigters en beamptes sal verteenwoordigers inleidende brosjures ontvang en LTPD plakkate wat aan 60 jukskei klubs en sowat 1200 skole in die land versprei behoort te word.  In Maart/April 2012, sal Jukskei SA ‘n LTPD simposium huisves waartydens die detail van die LTPD in diepte bespreek sal word en sal belangstellende groepe geleentheid kry om te besin oor hoe, wanneer en hoekom hulle die LTPD wil aanneem op elke vlak, van klub tot by die nasionale kampioenskappe.  Jukskei SA LTPD sal effektief ‘n bydrae lewer tot elke rolspeler en vennoot in die land, van grondvlak bestuur tot by die regering, en JSA stel hom ten doel om die nodige veranderinge alreeds in die volgende seisoen (Julie 2012 en vorentoe) te implementeer.  Hierdie sport model het ‘n impak op klub strukture, klub ontwikkeling, fasiliteite, transformasie beleide, afrigtingsisteme, opleidingsprogramme, insluiting van skole sport, kompetisie beoordeling, seleksie kriteria vir die ontwikkeling en hoë prestasie ontwikkeling en hoë prestasie spanne, administrasie en bemarking van Jukskei, en ook leierskap en bestuur op alle vlakke en aspekte van Jukskei in die land.  Jukskei SA streef na die dag wanneer ons kan bekend maak dat elke skool leerder bekend gestel is aan Jukskei en dat die beste deelnemers op die hoogste vlak van hul potensiaal presteer.

Jukskei groete


(Elektr geteken) / (Elektr geteken) / (Elektr geteken)
DALEEN ROOS / MELANIE JACOBS / BUKS VAN DEN BERG
DIREKTEUR ADMINISTRASIE / JSA DIREKTEUR AFRIGTING / DIREKTEUR KK JSA



 
Back to content | Back to main menu